Topanga Unit 56 Uvongo South Coast

Topanga Unit 56 Uvongo South Coast Luxury Self Catering Holiday Apartment in Uvongo, South Coast. 300m from Uvongo main beach, small sh Selfcatering Holiday Accommodation on the South Coast

Topanga 56 is 'n knus moderne selfsorgwoonstel in 'n gesogte veilige kompleks in Uvongo, KwaZulu-Natal. Die woonstel bie...
09/07/2024

Topanga 56 is 'n knus moderne selfsorgwoonstel in 'n gesogte veilige kompleks in Uvongo, KwaZulu-Natal. Die woonstel bied verblyf aan 4-5 gaste wat dit perfek maak vir 'n gesin.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en-suite-badkamer wat bestaan uit 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 1 enkelbed, 'n stapelbed met 'n en suite-badkamer wat bestaan uit 'n bad, toilet en 'n wasbak. Albei die slaapkamers is toegrus met lugversorging wat hulle ideaal maak vir warm somersdae. Elke kamer is ook toegerus met 'n plafonwaaier.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, skottelgoedwasser, tuimeldroër, wasmasjien, mikrogolfoond, ketel, koffiemasjien yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV. Gratis internet word voorsien en gaste kan hulle gunsteling-programme op DStv (vol pakket), Showmax en MFC stroom. Die leefarea is ook toegerus met 'n plafonwaaier.
Die balkon kan op reënerige en winderige dae toegemaak terwyl gaste heerlik kan kuier en braai op die gasbraai. Die woonstel is naby Uvongo Beach (300 meter), verskeie winkels en restaurante.
'n Gemeenskaplike braai-area en 2 pragtige swembaddens is beskikbaar vir die lekker braai- en swemdae.
Veilige parkering is beskikbaar.
'n Eenmalige admin fooi van R850 sal met elke bespreking gehef word.
Minimum 3 nagte per bespreking.
https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie/topanga-56-20

Address

Colin Street
Uvongo Beach
4270

Telephone

+27827892863

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Topanga Unit 56 Uvongo South Coast posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share