
07/08/2022
Inni Hoekie is in Sasolburg en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of sakereisigers. Dis naby die sakekern, verskeie winkels, restaurante, doendinge en trekpleisters.
DiƩ eenheid beskik oor 1 kamer met slaapplek vir 5. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n tripelstapelbed. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n slaapbank vir 'n kind in die sitarea.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.
Die sitarea het rusbanke, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Daar is ook braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.