Willemsrivier

Call Website

Willemsrivier Willemsrivier provides self catering accommodation on a historic farm and seasonal wild flowers.

13/10/2026

Op hierdie week se agenda by Willemsrivier ..

Oestyd 🌾

01/10/2026

Skaap werk in die karoo. 🐑
Die seisoen is besig om te draai ☀️

🥳 BASAAR-TYD IS AMPER HIER! 🥳3 Oktober 2026 , Nieuwoudtville 📍 ’n Basaar is soveel meer as net ’n dag vol kos, stalletji...
07/09/2026

🥳 BASAAR-TYD IS AMPER HIER! 🥳

3 Oktober 2026 , Nieuwoudtville 📍

’n Basaar is soveel meer as net ’n dag vol kos, stalletjies en vermaak… dit is ’n groot gemeenskapsgeleentheid wat mense bymekaar bring. ❤️

Dis waar families saam kuier, kinders lag en speel, ou vriende mekaar raakloop en nuwe vriendskappe gevorm word. Waar daar lekker kos gemaak word, mense hul hande uit die moue steek en almal saamwerk om iets besonders te skep.

Daar is sommer iets spesiaal aan daardie basaar-atmosfeer – die reuk van varsgebakte lekkernye, ’n koppie koffie saam met iemand wat jy lanklaas gesien het, die gesellige geselsies en natuurlik ’n bietjie koop en verkoop! 😄

’n Basaar wys weer eens hoe sterk ’n gemeenskap kan wees wanneer almal saamstaan. 🤍
En nou… dis amper weer sulke tyd! 👀🎉

Maak jou kalender reg, bring die hele familie en kom geniet ’n dag van lekker kuier, goeie kos en gemeenskap.
Want ’n basaar is nie net ’n geleentheid nie…
dis ’n stukkie gemeenskap, tradisie en saamwees. ❤️

Baie dankie Noorwes-Karoo Nuusblad vir hierdie ongelooflike artikel! Geskiedenis was hier gemaak🙌Lees gerus🤍
01/09/2026

Baie dankie Noorwes-Karoo Nuusblad vir hierdie ongelooflike artikel! Geskiedenis was hier gemaak🙌

Lees gerus🤍

Dit is ñ besonderse dag op Willemsrivier om die gesin bietjie uit te bring en die prag blomme te kom wys. 🌷Moet nie die ...
10/08/2026

Dit is ñ besonderse dag op Willemsrivier om die gesin bietjie uit te bring en die prag blomme te kom wys. 🌷

Moet nie die geleentheid mis nie!

Laat weet bietjie in die comments wat julle als vandag op vrouedag maak? 🥳

04/08/2026

🎉 DIE NUUS IS UIT! 🎉

Met groot opgewondenheid kondig Willemsrivier iets baie besonders aan...

🐑 Ons bied nou met trots ons eie woltruie aan!

Van die plaas tot die verbruiker – elke trui vertel 'n storie van harde werk, toewyding en liefde vir die landbou. Ons wol kom van ons eie Merino-skape en verteenwoordig die kwaliteit en egtheid waarvoor Willemsrivier bekend is.

Dis vir ons meer as net 'n trui. Dis 'n stukkie van ons plaas, ons passie en ons trots wat jy kan aantrek. Elke vesel weerspieël die sorg waarmee ons boer en die waarde wat ons daarin sien om plaaslike produkte te ondersteun.

Of jy nou die winterkoue wil trotseer, op die plaas werk of net 'n tydlose, gehalte-woltrui wil besit – ons nuwe reeks is gemaak om jou warm te hou én jou deel te maak van die Willemsrivier-verhaal.

🤍 Van ons plaas... na jou kas.

04/08/2026
🌼 Die tyd om blomme te kom kyk op Willemsrivier is nou! 🌼Die veld is besig om in 'n asemrowende kleurprent te verander, ...
04/08/2026

🌼 Die tyd om blomme te kom kyk op Willemsrivier is nou! 🌼

Die veld is besig om in 'n asemrowende kleurprent te verander, en die blomseisoen wys sy mooiste gesig. Kom ervaar die rustigheid van die plaas, stap tussen die pragtige veldblomme en geniet die vars Namaqualand-lug.

Of jy nou vir 'n daguitstappie kom of langer wil oorbly in ons selfsorgverblyf of kampterrein – Willemsrivier is die perfekte plek om die blomseisoen ten volle te beleef.

📍 Moenie hierdie kort, maar besonderse seisoen misloop nie. Pak die kamera, bring die familie en kom maak onvergeetlike herinneringe saam met ons.

Ons sien uit daarna om julle op Willemsrivier te verwelkom! 🌸💛

Address

Northern Cape
8180

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Willemsrivier posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share