04/08/2025
� KALFIEFEES 2025 | 10 Augustus
💌 HARTSBRIEWE | MUSIEK | STORIES
📍 Hermanus Munisipale Ouditorium, 1 Harmony Rylaan
🕚 Sondag 10 Augustus | 11:00 die oggend.
🔗 Klik hier vir kaartjies:
https://tickets.tixsa.co.za/event/hartsbriewe-musiek-stories
🎙️ Met betowerende musiek deur Coenraad Rall as pianis, en Hannes van Wyk wat ’n heerlike versameling briewe voorlees wat die snaakse, eienaardige en roerende kante van liefde verken.
🎭 Liz Meiring by die Kalfiefees 2025 —
Afrikaans 100 KOMEDIE
🗓 Sondag 10 Augustus 2025
🕑 14:00 – 15:10
📍 Sandbaaisaal, 71 Hoofweg, Sandbaai, Hermanus
🍷 Pinotage 100 wynproe voor vertoning
👥 Alle ouderdomme welkom
🔗 Klik hier om kaartjies te koop:
https://tickets.tixsa.co.za/event/afrikaans-100-komedie
Afrikaans 100 met Lizz Meiring is ’n nuwe solo-produksie wat die 100-jarige bestaan van Afrikaans as amptelike taal vier.
Sy neem jou op ’n reis deur elke dekade sedert 1925 met sketse, stories, gedigte, verse, monoloë, nuusberigte en ou advertensies – soos dié vir medisyne, salwe, pille, strope en poeiers.
🦁 KARNAVAL VAN DIE DIERE | MUSIEK
📍 NG Kerk, Kerkstraat, Hermanus
🕓 Sondag 10 Augustus | 16:00
🔗 Klik hier en koop kaartjies vir die vertoning:
https://tickets.tixsa.co.za/event/karnaval-van-die-diere-musiek
🎹’n Dierewêreld vol humor, musiek en sang – met Niël Rademan, José Dias en Mario Nell. ’n Klassieke fees vir jonk en oud!
Die Franse komponis Camille Saint-Saëns se musikaal komiese werk Karnaval van die diere is ‘n uitbeelding van die diereryk en word met twee klaviere en ‘n verteller uitgevoer.
🎟️ Volledige program en kaartjieverkope hier:
https://kalfiefees-hermanus.co.za/besprekings/
👉 www.kalfiefees-hermanus.co.za
📞 012 880 2635 | ✉️ [email protected]