23/06/2026
Ek sweer Suid-Afrikaners is nie normaal nie…
Net hier sal jy iemand hoor sê:
“Ek weet nie hoe ek dit gaan maak nie…”
En 10 minute later koop hy ’n skaap, huur ’n springkasteel, reël ’n DJ en nooi 80 mense vir ’n braai. 😂
Ons is die enigste nasie wat kan sê:
“Ek weet nie hoe ek die maand gaan maak nie…”
en dan die volgende dag met ’n nuwe besigheidsidee, ’n side hustle, twee Facebook Marketplace deals en ’n boereworsrol opdaag.
’n Suid-Afrikaner sien nie probleme nie.
Ons sien:
“Geleenthede om kreatief te raak.”
Krag af?
Nou sit ons om die vuur.
WiFi af?
Nou praat ons weer met ons families.
Kar breek?
Nou ontmoet jy sommer drie nuwe vriende langs die pad wat almal ’n ander plan het wat definitief nie volgens die vervaardiger se handleiding is nie.
En moet nooit vir ’n Suid-Afrikaner sê iets kan nie reggemaak word nie.
Want skielik verskyn daar:
* ’n cable tie
* ’n stuk draad
* insulation tape
* ’n 13 spanner
* en een oom wat sê:
“Skuif bietjie, ek wil net iets probeer…”
Daai “iets” hou dan nog 7 jaar.
Ons is grootgemaak met:
“Moenie worry nie, ons maak ’n plan.”
En op een of ander manier werk die plan altyd.
Miskien nie die regte plan nie.
Miskien nie die veilige plan nie.
Maar definitief die goedkoopste plan.
Krediet: Johan Willemse