Gerrie Pretorius

  • Home
  • Gerrie Pretorius
Call Website Contact the business

Gerrie Pretorius Gerrie Pretorius sing al verskeie jare en het menigde Goue en Platinum albums agter sy naam.

Hy is ook TV Aanbieder en Vervaardiger; asook Entrepreneur en Reisiger.

Baie dankie aan elkeen vir al die mooi boodskappe, oproepe en wense vir my verjaarsdag! Ek is dankbaar vir nog ’n jaar o...
19/10/2026

Baie dankie aan elkeen vir al die mooi boodskappe, oproepe en wense vir my verjaarsdag! Ek is dankbaar vir nog ’n jaar om te leef, te reis en die lewe voluit te geniet. 🎉

Groete uit die Seychelle!! 🍷

14/10/2026

MAROKKO 🇲🇦
24 April – 06 Mei 2027

Marokko is deel van Leef jou Reis se ontstaan of eerder deel van my beginjare met die groter ware reis. En ek wil dit graag met jou deel.

As jy lus is vir iets heeltemal anders en nog altyd gedroom het oor die Sahara-woestyn en oor Marokko, gaan dit een van jou reis-hoogtepunte wees.

Is jy gereed om saam te reis?

https://gerriepretorius.co.za/kom-toer-saam/2027-toere/marokko/

Marokko 2027 gaan jou “mesmeraais”…
09/10/2026

Marokko 2027 gaan jou “mesmeraais”…

05/10/2026

Saterdag beland ek by die Glimlag Fees - ek was jarre laas by so iets. Net voor Steve die verhoog betree sê The Marketing Zoo se Wian ek moet gou vir die mense hallo sê. En jou wraggies hoe lekker toe 10 000 + mense by n fees jou laat verstaan hulle het jou nie vergeet nie. Ek sing toe sommer so vir n sekonde lank n stukkie van 7 Sondes a Capella en tot my verbasing hou die mense aan met sing…en hulle sing HARD! Nederig dankbaar vir n wonderlike loopbaan wat ek gehad het. Maar dit laat my toe dink aan die video opname van 7 Sondes. Dit was destyds n hengse storie gewees. Anton Goosen Liedjieboer is my “prokureur” , wyle Zak van Niekerk & DJ Ossewa se manne en Jakkie Louw onder andere maak ook n draai in die video. Selfs Daantjie Dinamiet en Deon Maas en Jan Blohm en natuurlik die legende Riaan Cruywagen. Dis vandag sy verjaarsdag. Ek onthou hoe ek eenkeer seker ook by die 15 jaar gelede met n Huisgenoot Skouspel vir hom vertel het hoe ek en Arno van Zyl (Stoepstories) in n Spookhuis by Universal studios in Amerika verdwaal het en hoe lekker hy gelag het dat die trane rol. Riaan kom maak selfs later met sy aftrede op my tuisdorp Mosselbaai n draai en loop ons mekaar weer verlede jaar raak in Randburg waar hulle tans woon. So die inskrywing het n lang draai maar dis eintlik om vir Riaan te sê baie geluk met jou verjaarsdag en dankie vir jou bydrae van 2007 met 7 Sondes. Los vir Riaan n boodskap en mag die seën en die mooi van die lewe hom aanhou mesmeraais. Gaan kyk gerus die video op Youtube van 7 Sondes…

Vir die ware reisigers…volgende jaar neem ek n uitgesoekte klompie avonturiers deur Marokko. Dis n land met soveel kontr...
02/10/2026

Vir die ware reisigers…volgende jaar neem ek n uitgesoekte klompie avonturiers deur Marokko. Dis n land met soveel kontraste en waar jou sintuie konstant in “over-drive” werk. Dis n reis waar jy die land gaan beleef soos nog nooit tevore en waar ek jou persoonlik gaan vertel van al die stories en jou al haar geheime gaan wys - van antieke souks tot diep in die Sahara woestyn. Afrika én veral Marokko is nie vir almal nie. Soos my vriend die skrywer en reisiger Johan Bakkes sou sê dis n bestemming vir dié wat waag om dieper te droom…as jy wil saamkom op die baie spesiale reis deur die mooiste van Marokko moet jy ons laat weet. ☎️ 0829233626 - www.gerriepretorius.co.za - Leéf Jou Reis , die tuiste van die ware reisigers. Slegs as jy wil waag om dieper te droom en lus is vir iets anders…maar nog meer as jy lus is om te lewe!

Ek grou so bietjie deur die argiewe...Huisgenoot se middelblaai — 16 jaar gelede. Wie van julle onthou dié een?
26/09/2026

Ek grou so bietjie deur die argiewe...
Huisgenoot se middelblaai — 16 jaar gelede.

Wie van julle onthou dié een?

Japan fassineer my.Dink bietjie hieraan: Vir meer as 200 jaar, van die 1600’s tot die middel 1800’s het Japan kontak met...
18/09/2026

Japan fassineer my.

Dink bietjie hieraan: Vir meer as 200 jaar, van die 1600’s tot die middel 1800’s het Japan kontak met groot dele van die buitewêreld streng beperk. Die Tokugawa-sjogoens het regeer, die samoerai was deel van die magsorde en Japan het grootliks sy eie pad geloop.

Toe word die deure oopgemaak.

Binne ’n paar dekades verander Japan van ’n feodale samelewing na ’n moderne wêreldmoondheid. Later kom die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog – Hiroshima en Nagasaki, stede wat plat lê en ’n land wat weer van voor af moet bou.

En kyk waar staan hulle vandag.

Ons ry hier met die Shinkansen teen sowat 300 km/h. Tokio is een van die grootste stedelike gebiede op aarde. Maar stap by ’n Shinto-heiligdom in en jy sien mense steeds buig, hande was en gebruike volg wat baie ouer as die stad rondom hulle is.

Dít is die Japan wat my interesseer.

Hulle jaag die toekoms in maar hulle het nie hulle verlede weggegooi nie.

Daar is min dinge wat ’n Suid-Afrikaner se hart vinniger laat klop as daardie dreunsang van Nkosi Sikelel’ iAfrika in ’n...
05/09/2026

Daar is min dinge wat ’n Suid-Afrikaner se hart vinniger laat klop as daardie dreunsang van Nkosi Sikelel’ iAfrika in ’n volgepakte stadion.🇿🇦

Verenig deur die Groen en Goud, sal Leef Jou Reis oudergewoonte saam met duisende trotse Suid-Afrikaners na Australië toer om die Ama-Bokke te ondersteun – en ons nooi jou uit! 🏆

Kom beleef die droom saam met ons en word deel van daardie onblusbare Bok-gees wat die hele Australië gaan wys wie ons is. 💪

Ons het vier eksklusiewe pakkette saamgestel wat jou reg in die middel van die aksie plaas.

👉🏻 https://gerriepretorius.co.za/kom-toer-saam/2027-toere/2027-australie-rugby/

Maak seker jou plek is bespreek!!

05/09/2026

Lyk my dis n behoorlik musiek naweek! ❤️ Ek het vandag hierdie raakgeloop , Rudi Botha , n leerder van die Marietjie Skool in Secunda - n skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes- het een van my eerste liedjies gekies om te sing. Dankie Rudi dat jy jou liefde vir musiek uitleef , jy maak ons trots. Hou aan sing en moet nooit ophou droom nie. Stuur vir Rudi liefde julle…❤️🙌🏼

Address


0081

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gerrie Pretorius posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Gerrie Pretorius:

Shortcuts

  • Want your business to be the top-listed travel agency?

Share