05/12/2024
"Hope knows the sun has risen even when the clouds cover every ray of light" - Unknown
Vandag was 'n ongelooflike spesiale dag vir ons - 'n tipe "home-coming". Dit was die her-opening van die "Victim-friendly room" by die Stilbaai Polisiestasie.
Mariaan Harris het, met die hulp van 'n menigte uit die gemeenskap en besigheidslui van Stilbaai die kamertjie bietjie opgeknap en meer "user-friendly" gemaak. Hierdie is so 'n ongelooflik belangrike fasiliteit vir die slagoffers van misdaad - hier moet hulle kan instap en rustig raak, asemhaal en veilig voel.
Die volgende bedankings vir skenkings en donasies - sonder julle was niks van hierdie moontlik nie:
Fynbos Apteek Stilbaai
The Blinds Factory, Stilbaai
Petra Muller
Deona & Johan Spies
Elna van der Merwe (Stilbaai Boekefees)
Charles McCleary
Iona Cloete
Carol Kriek (& haar lieflike ma)
Karen Joubert & dames van haar gemeente
Linda Kruger
Nicoleen Booyens
Kleinbergskloof Olive Estate
Monsoon Interiors Stilbaai (Tilana)
Karen (Ingelekker)
The Clean Shop Stilbaai
Stilbaai Glas
Quadrant Bouers
Steyns Mica Stilbaai
En aan die ENGELE - vrywilliger beraders, Anwin Dreyer en Norma Hill, Beryl Prins en sersant Chrysie Lewaks - julle is die ware heldinne - die hart en siel van die fasiliteit. En al die wonderlike lede van die SAPS Stilbaai, ons is bevoorreg om ons dorpe se veiligheid in jul hande te kan sit. Baie baie dankie!
Hiemee 'n paar voor-, gedurende- en na-fotos van die fasiliteit.