
14/08/2025
Ons eie René in die finaal. Jou doring! Ons hou duim vas.
Lekker wyn, 'n local in 'n groot finaal en dit is Vrydag aand. Kom ons ondersteun haar en Struisbaai Harbour Cafe.
🎉 Kom vier saam met ons – René is in die DRUKKOKER-finaal! Gaan sy dalk wen??
Hier in ons klein dorpie gebeur groot dinge! Hierdie Vrydag gaan ons eie René van Struisbaai Harbour Café haar plek in die Drukkoker finaal vol staan saam met haar spanmaat, Chef Morné.
📺 Kyk die finale regstreeks op ons groot skerms.
🍷 Gratis De Grendel wynproe vir die eerste 40 mense om die aand af te skop!
Wanneer: Vrydag, 15 Augustus
Wynproe: 19:00 (welkom drankie MCC, 2 wit wyne, 2 rooi wyne en ’n plaaslike Elim-wyn)
Finaal begin: 20:00
Kom proe topklasse wyne, kuier saam met die gemeenskap en moedig René aan.
Kan julle asb hierdie post share - kom ons staan saam en ondersteun hierdie puik prestasie.