Holland met Hanna

Holland met Hanna Sedert 2018 word tieners en hul ouers vergesel na die Laelande op reis deur ons erfenis. Saam met Ha

24/10/2023

Waarvoor wag jy?


07/10/2023

Dag 7: Nemo Science Museum, Scheepvaartmuseum en This is Holland




  2023 loading…
01/08/2023

2023 loading…




01/08/2023

Besprekings vir 2024 is oop!!!



Dag 6Die NEMO Science Museum in Amsterdam prikkel ons jong wetenskaplikes se verbeelding met vyf vloere van fenomenale u...
25/10/2022

Dag 6
Die NEMO Science Museum in Amsterdam prikkel ons jong wetenskaplikes se verbeelding met vyf vloere van fenomenale uitvindings en ander eksperimente.
Daarna te voet na die onvergeetlike Het Scheepvaartmuseum waar ons voet aan boord 'n replika van 'n VOC-skip sit en sien hoe Kaptein werklik die seile gespan het!







Dag 5:Museums en galeryeDie Rijksmuseum bied jaarliks 'n wonderwêreld van kuns en geskiedenis. Daar is iets vir elke sma...
14/10/2022

Dag 5:
Museums en galerye
Die Rijksmuseum bied jaarliks 'n wonderwêreld van kuns en geskiedenis. Daar is iets vir elke smaak, van Rembrandt se bekende Nagwag, tot die Woedende Swaan, pophuis, die biblioteek - in kort, daar is te veel om op te noem!

Van Gogh Museum bied 'n unieke perspektief op Van Gogh se lewe en werk. Die briewe aan sy broer, Theo, is veral treffend. In sy selfportrette is die stelselmatige agteruitgang van 'n meester duidelik sigbaar en niemand is onaangeraak gelaat nie.

Die Moco Museum van moderne kuns bied 'n totale ander perspektief. Hier lok die werke van onder andere Banksy die kyker uit om anders te d**k en om vooropgestelde idees te heroorweeg.

'n Dag om nooit te vergeet nie!







Dag 4: Volendam, jy laat my bietjie d**k aan Valiant Swart se lirieke "Liefde by die Dam". Ons dag begin met 'n uitstapp...
14/10/2022

Dag 4:
Volendam, jy laat my bietjie d**k aan Valiant Swart se lirieke "Liefde by die Dam".
Ons dag begin met 'n uitstappie na Kaasboerderij / klompenmakerij Alida Hoeve / de Vriendschap waar ons eers touwys gemaak word oor hoe kaasmaak werk, heerlike kaas proe en sommer sakke vol kaas koop! Die skreeusnaakse Eveline gee daarna vir ons 'n demonstrasie van hoe klompe gemaak word.

Terug met die otterwandelpad...tot by die busstop en binne 10 minute klim ons uit in die hart van Volendam. Heerlike vis en tjips op die kaai en natuurlik 'n foto in kostuum rond die dag in 'n tradisionele Nederlandse vissersdorpie perfek af.

Volendam, ons kom beslis weer!









#

Dag 3Brugge
14/10/2022

Dag 3
Brugge

Dag 2Den Haag: jy was behaaglik! By Madurodam geniet ons die voorsmakie van al die mooi wat ons nog te wagte is in die d...
03/10/2022

Dag 2
Den Haag: jy was behaaglik!
By Madurodam geniet ons die voorsmakie van al die mooi wat ons nog te wagte is in die dae wat kom. Na middagete en 'n kort tremrit tot by die Mauritshuis, kom ons in aanraking met meer as 200 jaar se kunsgeskiedenis. Die Meisie met die Pêrel-oorbel is 'n groot gunsteling, maar die kontemporêre kunswerke waarvoor daar 'n spesiale opdrag gegee is om die 200 jaar van kuns in die Mauritshuis te gedenk, gee ook stof tot nadenke.





Adres

Museumstraat 1
Amsterdam
1071 XX

Website

Meldingen

Wees de eerste die het weet en laat ons u een e-mail sturen wanneer Holland met Hanna nieuws en promoties plaatst. Uw e-mailadres wordt niet voor andere doeleinden gebruikt en u kunt zich op elk gewenst moment afmelden.

Delen