
14/08/2025
Somer in die Bosveld – klink na pure sielerus!
As jy op soek is na ’n rustige wegbreek vir die Oktober skoolvakansie, Avondrust Bosveld Kamp in die Dinokeng-area is ’n ware juweel.
Dis net 45 km van Pretoria af, en bied ’n egte bosveld-ervaring met semi-skadu kampplekke, houtkothuise, en warm water uit ’n tradisionele “donkie”.
Wat jy kan verwag:
- Stilte van die natuur en die warmte van ’n knetterende vuur
- Twee swembaddens vir daardie warm somersdae
- Netjiese ablusiegeriewe met warm stortwater
- Braaiplek op elke staanplek (bring jou eie rooster)
- Naby Safari Mall vir kos, vleis en ander benodigdhede
Bespreek jou plek by Annetjie Olivier:
083 661 8986