Syferdrift Wildsplaas

Syferdrift Wildsplaas ‘n Bosveld oase, moderne chalets, natuur, wild en vele aktiwiteite, slegs 100km van Pretoria 🦒

03/02/2026

Hiermee gee ons kennis dat Syferdrift Wildsplaas ongelukkig nie meer beskikbaar is vir besprekings vanaf die publiek nie.

Maar hou vas - daar is ‘n opwindende vooruitsig om die draai! Hou gerus hierdie blad dop vir die bekendstelling van die nuwe akkomodasie en natuurlewe.

Ons sien uit om julle saam met ons te neem op nóg ‘n avontuur 🦒

Syferdrift Wildsplaas is die perfekte bosveld geleentheid voor die winter aanbreek! 🦒🐃 Wildsritte. Pragtige natuurskoon....
03/03/2025

Syferdrift Wildsplaas is die perfekte bosveld geleentheid voor die winter aanbreek! 🦒🐃

Wildsritte. Pragtige natuurskoon. Moderne selfsorg chalets. Groot bosveld swembad. Draf en fietsry. En nog vele meer!

Die 1000 ha plaas is geleë slegs 100 km vanaf Pretoria en bied akkommodasie ideaal vir:
- spanbou naweke,
- jaareindfunksies,
- daai spesiale verjaarsdag wat jy nog altyd wou hou,
- familiebyeenkomste

Die verblyf sluit in:
- Braaihout, private braaiplek en stoele
- Toegeruste kombuis
- Lugversorging en wifi

Pryse:
4-bed @ R1800/nag
5-bed @ R2200/nag
6-bed @ R2600/nag
10-bed Moderne Berg Huis @ R4000/nag

Elke kamp het sy eie privaat bomas en lapas waar jy as groep onvergeetlike herrinneringe om die kampvuur en onder die bosveld sterre kan bou 🔥

Die pizza oond sal die honger stil na ‘n dag se swem en aktiwiteite.

Besoek gerus ons Facebook blad, of kontak die eienaar, Corné, direk vir navrae en besprekings (082 372 3191).

Syferdrift se 2025 pryse: 4-bed chalets: R1800/nag5-bed chalets: R2200/nag6-bed chalet: R2600/nagBerghuis (10-bed): R400...
22/01/2025

Syferdrift se 2025 pryse:

4-bed chalets: R1800/nag
5-bed chalets: R2200/nag
6-bed chalet: R2600/nag
Berghuis (10-bed): R4000/nag

Kontak ons gerus vir navrae en beskikbaarheid 🦒

Die bosveld is mooi groen na die afgelope paar weke se reën. Ons het gister ‘n wildsrit gedoen en byna al wild spesies o...
28/12/2024

Die bosveld is mooi groen na die afgelope paar weke se reën.

Ons het gister ‘n wildsrit gedoen en byna al wild spesies op die plaas gesien 🦓

Buffel, sebra, koedoe, blou-en gouewildebeest, blesbok, swartwitpens en nyala. Al spesie wat ons ontduik het, is die kameelperde 🦒

Plek beskikbaar! 🦒Syferdrift Wildsplaas het nog plek beskikbaar in ons Berghuis en Swartwitpens-chalet tot voor kerstyd....
06/11/2024

Plek beskikbaar! 🦒

Syferdrift Wildsplaas het nog plek beskikbaar in ons Berghuis en Swartwitpens-chalet tot voor kerstyd.

Die Berghuis is ‘n luukse 10-bed huis, ten volle toegerus, met ‘n aswemrowende uitsig oor die bosveld horison, privaat lapa en boma, en ‘n nuwe houtdek ⛰️

Die Swartwitpens chalet slaap 6, is ten volle toegerus, met twee aparte slaapkamers, privaat boma, lowergroen gras en wild wat voor jou stoep kom wei.

Ons is geleë 100km van Pretoria, net buite Brits.

Wildsritte. Pragtige natuurskoon. Groot bosveld swembad. Draf en fietsry. En nog vele meer!

Die verblyf sluit in braaihout, private braaiplek en stoele 🪵

Pryse:
6-bed Swartwitpens chalet @ R2400/nag
10-bed Moderne Berghuis @ R4000/nag

Besoek gerus ons Facebook blad, of kontak die eienaar, Corné, direk vir navrae en besprekings (082 372 3191).

Address

Brits

Telephone

+27823723191

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Syferdrift Wildsplaas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Syferdrift Wildsplaas:

Share