20/08/2025
Hoe roep die uil in die na- nag
Eerste hoe is harder
Tweede hoe is sagter
En ek luister en wag
Na die uil, na die nag.
‘n Uil bring n boodskap
‘n boodskap van dood
Maar die dood kom sonder die uil se hoe
Hoe en wanneer, net onverwags
En ons dae verdwyn soos voëls in lang gras