
05/07/2025
As dit reën, word daar net eenvoudig 'n plan gemaak om wel markie te hou! Die afgelope twee keer is Clanwilliam se dorpsmarkie binne-in die eertydse Reinholds Restaurant gehou en daar is ook stalletjies op die stoep opgeslaan. Kom maak 'n draai by ons dorpsmarkie elke eerste Saterdag van die maand.