Riemland Tourism

Riemland Tourism RIEMLAND TOERISME / RIEMLAND TOURISM
Bevorder toerisme en fokus op erfenis in die Riemland-streek. Boost tourism and focus on heritage in the Riemland region.

From Scenic settings to great bird-watching opportunities. Contact us to find out more...Die RiemlanderFouriesburg Touri...
03/09/2026

From Scenic settings to great bird-watching opportunities.

Contact us to find out more...


Die Riemlander
Fouriesburg Tourism



26/08/2026

Come discover the beauty of the Northeastern Free State.



https://www.facebook.com/share/19Re6s9F3M/?mibextid=wwXIfr
25/08/2026

https://www.facebook.com/share/19Re6s9F3M/?mibextid=wwXIfr

๐Ÿ“ ๐—Ÿ๐—ฒ๐—ฒ๐—ฟ ๐—ธ๐—ฒ๐—ป ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐˜ƒ๐—ฒ๐—ฟ๐—ต๐—ฎ๐—ฎ๐—น ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—ž๐—ฎ๐—ฎ๐—น๐˜ƒ๐—ผ๐—ฒ๐˜๐˜ƒ๐—ฟ๐—ผ๐˜‚๐—บ๐—ผ๐—ป๐˜‚๐—บ๐—ฒ๐—ป๐˜ | ๐—ž๐˜„๐—ฎ๐—ญ๐˜‚๐—น๐˜‚-๐—ก๐—ฎ๐˜๐—ฎ๐—น

Die Kaalvoetvroumonument, een van die erfenisterreine onder die bewaring van die Erfenisstigting, bring hulde aan die moed, deursettingsvermoรซ en onwrikbare vasberadenheid van die Voortrekkervroue.

Die monument herdenk die vroue van Pietermaritzburg wat nรก die Britse anneksasie van Natal in 1842 verklaar het dat hulle eerder kaalvoet oor die berge sou terugstap as om weer onder Britse beheer te leef. Dit getuig van hul vasberadenheid om volgens hul oortuigings te leef, ongeag die opoffering.

Vanaf hierdie terrein kan besoekers ook Blye Vooruitsig sien โ€“ die uitsig wat die Voortrekkers begroet het nadat hulle Kerkenberg verlaat het. Dit is ook die roete waarlangs Piet Retief en sy geselskap deur die Drakensberg na die gebied afgetrek het wat later die Republiek van Natalia sou word.

Wanneer ons plekke soos die Kaalvoetvroumonument leer ken, ontdek ons die verhale van gewone mense wat buitengewone moed getoon het. Daarom bewaar die Erfenisstigting hierdie erfenisterreine vir toekomstige geslagte.

Die Erfenisstigting ontvang geen staatsubsidie nie. Elke bydrae help ons om hierdie en ander erfenisterreine te bewaar.

๐Ÿค Maak vandag โ€™n bydrae: https://pos.snapscan.io/qr/M0bxyOLM

20/08/2026
Groot verandering begin by klein verantwoordelikhede.'n Mooier dorp begin nie by iemand anders nie โ€“ dit begin by elkeen...
29/07/2026

Groot verandering begin by klein verantwoordelikhede.

'n Mooier dorp begin nie by iemand anders nie โ€“ dit begin by elkeen van ons.
Wanneer ons verantwoordelikheid neem vir ons huis, ons erf, ons sypaadjie en ons straat, bou ons saam aan 'n skoner, veiliger en meer uitnodigende Frankfort.

Die My-Dorp Projek is 'n beweging wat inwoners aanmoedig om trots te wees op hul omgewing en self die eerste stap na verandering te neem.

Begin waar jy is. Doen wat jy kan. Saam maak ons 'n verskil.

๐ŸŒพ Sone C wys wat moontlik is wanneer 'n gemeenskap saamwerk.Met elke straathoek wat geverf word en elke stopteken wat op...
22/07/2026

๐ŸŒพ Sone C wys wat moontlik is wanneer 'n gemeenskap saamwerk.

Met elke straathoek wat geverf word en elke stopteken wat opgeknap word, word Frankfort netjieser, veiliger en meer uitnodigend vir inwoners รฉn besoekers.

Hierdie verbeterings gebeur nie vanself nie โ€“ dit gebeur omdat inwoners bereid is om verantwoordelikheid te neem vir hul omgewing.

๐Ÿ‘ Baie dankie aan elke persoon in Sone C wat hul tyd, moeite en hulpbronne gee om 'n verskil te maak.

Saam bou ons aan 'n Frankfort waarop ons almal trots kan wees. ๐ŸŒพ

๐ŸŒพ Groot verandering begin met mense wat bereid is om die eerste tree te gee.'n Groot dankie aan Sone M wat hard werk aan...
15/07/2026

๐ŸŒพ Groot verandering begin met mense wat bereid is om die eerste tree te gee.

'n Groot dankie aan Sone M wat hard werk aan die rehabilitasie van die rivier. Elke uur se werk bring ons nader aan 'n skoner, mooier en veiliger Frankfort.
Hierdie is presies wat gebeur wanneer 'n gemeenskap saam verantwoordelikheid neem vir hul omgewing.

๐Ÿ‘ Dankie aan elke persoon wat hul tyd, toerusting en moeite insit om 'n verskil te maak.
Elke hand maak 'n verskil. Saam bou ons aan 'n Frankfort waarop ons trots kan wees.

Address

18A Kerk Street
Frankfort
9830

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Riemland Tourism posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Riemland Tourism:

Shortcuts

Share