
06/05/2024
Twin Shacks - 411 Boskraaisingel Uilenkraalsmond Oord. Bied selfsorgverblyf in die gewilde oord vanaf R1400 per nag buite seisoen en R1700 binne seisoen. Eenmalige skoonmaakfooi van R450
Inkloktyd 14h00 tot 19h00
Uitkloktyd 10h00
Die huis bied slaapplek aan 7 volwassenes en beskik oor 'n hoofhuis met 3 ruim slaapkamers, beddegoed is ingesluit bring net eie handoeke. Beskik oor 2 badkamers met 'n volledig toegeruste kombuis. Wasmasjien. Die hoofhuis het 3 ruim slaapkamers met dubbelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad, wasbak en toilet, en die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Kombuis het 'n yskas-vrieskas, tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, ketel met die nodige eetgerei. Ander geriewe sluit 2 braai-areas, parkeerplek vir 2 voertuie en 24 uur-sekuriteit in.
Twin Shacks is ongeveer 200m van die strand af.
Kontak: Anesta 082 467 2776/ Alwyn 082 221 0587