LiG Sakpastoer na Israel 2019

LiG Sakpastoer na Israel 2019 Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from LiG Sakpastoer na Israel 2019, Tour Agency, Greyton.

Ons gaan weer in 2022 na Israel. Hier is ons volledige program.
07/11/2021

Ons gaan weer in 2022 na Israel. Hier is ons volledige program.

24/06/2021

Volgende jaar toer ons weer. Kry jou inenting (dit gaan 'n vereiste wees), bespreek en raak saam met ons opgewonde.

Teen Oktober'21 gaan dinge anders begin lyk... Daar gaan weer vlugte na en van Israel wees, inentings sal ver gevorder w...
16/04/2021

Teen Oktober'21 gaan dinge anders begin lyk... Daar gaan weer vlugte na en van Israel wees, inentings sal ver gevorder wees. Kry solank jou registrasie reg en wees gereed om saam te kom. Jy sal nie jou deposito verloor as die toer weens onvoorsienbare omstandighede dalk uitgestel moet word nie. Stuur jou info vir 'n volledige program en inligting na [email protected] of WhatsApp na 0829363462.

Turkye is een van die mooiste en interessantste bestemmings.Min reisigers besef wat hierdie bestemming alles bied. Die m...
21/08/2020

Turkye is een van die mooiste en interessantste bestemmings.
Min reisigers besef wat hierdie bestemming alles bied. Die mooiste handwerk, pragtigste natuur, lekker kosse en 'n ryk Bybelse geskiedenis en geestelike ervaring.
Ons skud ons vere reg vir vgl jaar Sept/Okt 2021. Dis in die skoolvakansie, en ons besoek Turkye se interessantste en mooiste besienswaardighede.
Kom besoek saam met ons die 7 gemeentes van Openbaring (Laodisea, Efese, Philadelphia, Sardis, Pergamum, Tiatira, Smirna), Kappadosië - die adres van die eerste Christene en mooiste grotkerkies. Dan gaan ons na Konya (Mevlana - Rumi se blyplek), Aspendos (grootste amfiteater), ry oor die Ta**us gebergtes, Antalya, doen 'n bootvaart langs die Middellandse See-kus, Kussadasi en Bursa (sy-sentrum van Turkye).
11 Onvergeetlike dae teen R37,988 ($1=R17)
Volop inkopie-geleenthede. Loop op die voetspore van die vroeë kerk en gelowiges.
INFO: [email protected] 082 936 3462

Magdala is geleë aan die wesoewer van die See van Galilea. Magdala was een van die groot hawens in Jeuss se tyd. As daar...
17/08/2020

Magdala is geleë aan die wesoewer van die See van Galilea. Magdala was een van die groot hawens in Jeuss se tyd. As daar 'n plek is waar jy in Jesus se voetspore kan loop, dan is dit hier...
Maria Magdalena, een van Jesus se getroue volgelinge, het ook hiervandaan gekom. Vandat Jesus sewe duiwels uit haar gedryf het (Luk 8:2; Mark 16:9) het sy Jesus getrou gevolg. Saam met ander vroue het sy regdeur Jesus se bediening vir Hom gesorg (Mark 15:41). Sy was tot aan die einde by Hom. Sy was daar toe Jesus gemartel, gespot en verneder was. Sy was daar toe Pilatus Jesus oorgegee is om gekruisig te word (Luk 23:28). Sy was daar toe Jesus se dissipels hom verlaat het (Matt 26:65; Joh 19:25). By die kruis het sy Hom ondersteun in sy donkerste uur en was sy daar toe Jesus sy laaste asem uitgeblaas het (Joh 19:25). Ook was sy daar toe Josef en Nikodemus Jesus se liggaam van die kruis afgehaal het (Mark 15:45) en hulle sy liggaam in die graf neergelê het (Mark 15:47). Later by sy graf het sy Jesus se liggaam met reukolie gebalsem (Mark 16:1).

Magdala, wat 'n belewenis was dit nie. Hier is 'n kort video om ons geheue te verfris.https://youtu.be/fsjJW-EBb8g
17/08/2020

Magdala, wat 'n belewenis was dit nie. Hier is 'n kort video om ons geheue te verfris.
https://youtu.be/fsjJW-EBb8g

In the Holy Land, if you dig in the right place, you might just find Jesus’ footsteps right below the surface…

16/08/2020
Jy loop verby die groot klippe wat soos reuse harte op die strand lê waar jy by die trappies langs die Mensa-Christi-ker...
15/08/2020

Jy loop verby die groot klippe wat soos reuse harte op die strand lê waar jy by die trappies langs die Mensa-Christi-kerkie afstap. Jy wil graag met jou voete in die water van hierdie See, waar daar soveel dinge gebeur het, gaan staan... Wonderwerke... ja, soos die groot visvangs, Jesus se kalmering van die storm... En hier langs die kus... Jesus se voeding van die massa, Sy derde verskyning na Sy opstanding, Jesus wat vir sy dissipels op die strand wag met gebraaide vis, Jesus wat Petrus vergewe en dan weer roep om "die rots" te wees van sy kerk, en Sy lammers te laat wei. Jesus het soveel keer sy hart vir sy volgelinge hier langs die See blootgelê - hulle wat soveel keer getwyfel en gestruikel het. En, as jy dan uiteindelik in die water van die See staan met die koel water van die See om jou enkels, is dit asof jy skielik weer deel word van alles, en jy ook sy onvoorwaardelike liefde opnuut vir jou voel klop.

Ons besoek Jerigo - ook stad van palmbome genoem -  'n ou stad in die oostelike Wesoewer van die Palestynse Grondgebiede...
11/08/2020

Ons besoek Jerigo - ook stad van palmbome genoem - 'n ou stad in die oostelike Wesoewer van die Palestynse Grondgebiede, 7 km wes van Jordanië en 10 km noord van die Dooie See. Bevolking 20, 300. Die stad wat in die Jordaanvallei geleë is, is 250m onder seevlak. Dit maak dit die laagste stad in die wêreld. En, ook die oudste. Jerigo is sowat 10,000 jaar oud.
Dit is die stad waar Josua vir sewe dae om die stad getrek het, met die ark en priesters wat op hul horings geblaas het. Die sewende dag het die mure ingeval. Dit is ook Ragab se adres - die vrou wat opgeneem is in Jesus se geslagsregister. En, Saggeus, die tollenaar en sy vyeboom...

'n Bootvaart op die See van Galilea is een van die hoogtepunte van ons Israeltoere. Om uit te vaar, die water te hoor kl...
11/08/2020

'n Bootvaart op die See van Galilea is een van die hoogtepunte van ons Israeltoere. Om uit te vaar, die water te hoor klots teen die boeg van die boot, stil te raak op die see... is 'n ongelooflike ervaring wat mens diep raak en naby die Here bring...
Hierdie see is Israel se grootste varswater-meer en is ongeveer 23 km lank en 13 km wyd – met ’n omtrek van 53 km en ’n oppervlakte van 166 vk km. Die meer is op sy diepste 48 m. Dit is die wêreld se laagste varswater-meer: 213m onder seespiëel.
Jesus het sy dissipels langs hierdie meer geroep (Matt 4:18-22) waar Petrus en Andreas vissers was. Die Bergrede is op ’n heuwel langs die meer gehou (Matt 5–7). Dit is ook dié omgewing waar die vermeerdering van die vyf brode en twee vissies plaasgevind het (Joh 6) en waar Jesus ná sy opstanding op die strand vir die dissipels ontbyt gemaak het (Joh 21:1-14).

Op ons eerste dag besoek ons Karmelberg waar Elia met die Baal-profete geestelik slaags geraak het.  Sy offer word aanva...
11/08/2020

Op ons eerste dag besoek ons Karmelberg waar Elia met die Baal-profete geestelik slaags geraak het. Sy offer word aanvaar (aan die brand gesteek), terwyl die Baal-profete s'n nie aanvaar word nie. Ons kyk hiervandaan uit oor die Jisreël-vlakte, sien Megiddo regs lê en gaan eet hierna heerlik by 'n Druze-restaurant - ons eerste kennismaking met hummus, falafel, tabouleh, tahina en pita brood.

'n Besoek aan en 'n "dryf" op die Dooie See is een van die unieke ervarings wat net Israel vir jou bied. Vir baie toerle...
10/08/2020

'n Besoek aan en 'n "dryf" op die Dooie See is een van die unieke ervarings wat net Israel vir jou bied. Vir baie toerlede is dit vreemd en vreesaanjaend (veral as jy nie 'n swemmer is nie) om jou "oor te gee" aan die mineraalryke waters van die Dooie See wat jou soos 'n prop "bo die water hou". Dié See is immers 10 keer souter as gewone seesoutwater en oor die 400m onder seespieël.

Address

Greyton
7233

Telephone

+27829363462

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when LiG Sakpastoer na Israel 2019 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category