
06/09/2025
🌶️🧀🔥 Tong-dans BraaiBroodjie Resep 🌶️🧀🔥
Bestanddele (per broodjie)
2 snye wit of bruin brood
1–2 snye cheddar (of cheddar + mozzarella vir ekstra lekkerness)
‘n Paar snye gaar boerewors
1–2 snye tamatie
1–2 teelepels peri-peri of warm sous (pas aan na jou dapperheidsvlak)
Botter vir die buitekant van die brood (ja ja, of binnekant!)
Opsioneel: dun ringe rooi ui of jalapeños vir ekstra pit
Opsioneel: vars koljander of rocket vir daai “fresh” vibe
Metode
Berei die brood voor: Smeer botter aan die buitekant van elke sny (of binne, ja ons weet, Marietjie). Dit gee daai lekker goue, knapperige laag.
Laag die lekkergoed: Sit die kaas eerste, dan tamatie, boerewors, ‘n bietjie peri-peri sous, en opsioneel uie of jalapeños. Gooi nog ‘n bietjie kaas bo-oor – want niemand kla oor ekstra kaas nie.
Braai dit reg: Sit die broodjie saam met die botterkant buite en sit dit op die braai of in ‘n panini press. Draai dit sorgvuldig sodat dit nie brand nie, tensy jy van daai swart-kant-van-die-braaibroodjie vibes hou.
Bedien en geniet: Sny diagonaal, strooi bietjie vars koljander of rocket bo-oor, en eet dit warm – waarskuwing: dit kan jou tong laat dans van die pittigheid!
💡 Twist: Die peri-peri sous en die sappige boerewors gee dit daai ekstra kick, terwyl die dubbele kaas sorg dat elke happie melty en magic is.