31/07/2026
3 DAG WESKUS BLOMMETOER: 17 TOT 19 AUGUSTUS 2026
Kom saam en ervaar die beste van die Weskus se blomseisoen!
Vanaf R3 990 per persoon wat deel met akkommodasie, ontbyt, aandetes en toegangsgelde ingelsuit.
Kontak Pieter by 083 310 6454
DAG 1 : Vertrek vanaf ons optelpunte in die Kaapse Metropool. Darling, Weskus Nasionale Park met Postberg Reservaat. Langebaan na Vredenburg en St. Helenabaai. Oornag by Sunset Lodge - St. Helenabaai. Bed en Ontbyt.
DAG 2: Paternoster en Cape Columbine Reservaat met Tietiesbaai. Besoek Bokkomlaan langs die Bergrivier. Toer verder via Elandsbaai tot Lambertsbaai. Vanaand is een van die hoogtepunte met ons ete by die bekende Muisbosskerm opelug Seekos restaurant! Oornag by Sir Lambert Gastehuis in Lambertsbaai. Bed en Ontbyt.
DAG 3: Clanwilliam , Cederberge , Leipold se Graf en die Bidouvallei. Bidou is bekend vir sy blomme! Terugreis via die Piekenierskloof na Kaapstad.
PRYS: R3 990 per persoon wat deel. R4 490 Enkel Tarief. Die prys sluit in Bed en Ontbyt, alle toegangsgelde en aandetes. Middagetes is uitgesluit.
Kontak Pieter by 083 310 6454