12/09/2013
Hallo Almal hier was 'n lekker deurmekaarspul met ons Facebook. Ek is nou uiteindelik uitgesorteer!!! Hierdie spesifieke blad gaan ek nou toemaak. die blad wat ons gaan gebruik is Laingsburg Tourism want hy het alreeds meer vriende op. As jy nie die fotos van die AJV gesien het nie moet jy asseblief na die Laingsburg Tourism blad gaan en dit like, maar ek vermoed die meeste van julle is alreeds daar. Daar is ook nog 'n baie ou Laingsburg Tourism blad wat ook iewers rondfloat... Shaun Cloete het dit nog begin toe hy hier gewerk het, maar ek het gister met hom gepraat en hy maak dit toe sodra hy by 'n rekenaar uitkom. As ons logo nie op die blad is nie is jy op die verkeerde blad. Hou moed ons is amper uitgesorteer!! Groete Yolanda