05/03/2023
@264811270300 en @27729924007 ...ek reageer graag op julle ondervindinge oor Lambertsbaai en wil graag konteks skep. Ja julle is seker reg in julle observasie oor Lambertsbaai...dat dit nie meer die ou dorp is wat julle geken het nie...dit is sekerlik ook so...maar kan ek dalk vra...watter dorp of stad of metropool in Suid-Afrika sien nog dieselfde uit soos in die 60's, 70's, 80's of 90's???
Ek is betrokke hier in my geboorte dorp na seker n afwesigheid van meer 45 jaar. Ek het nou soos n Sandveld se skilpad my draaie geloop in SA en in die buiteland en nou kom rustig word hier ...die "slow life" kom opsoek en belê in n blyplek hier.
Hoekom?? Want ons het seker van die beste klimaat van alle kus dorpe. Ons het toegang tot skoon strande en veilige strande nog. Ons het meer as 6 baie goeie restaurante met goeie kwaliteit kos en diens...en word bedien in ons eie taal...en dis nog beskostigbaar. Daar is nie een restaurant wat n franchise is soos bv KFC of Wimpy of Steers...nie..om n paar op te noem...almal trotse entrepreneurs wat kos voor sit met plaaslike produkte. Ons het goeie plaaslike wyn. Ons het goeie winkels, n apteek, dokter, kliniek, haarsalonne, kuns roete...kry nog vars vis en Sandveldse aartappels. Ons het twee goeie oue tehuise, plekke vir aanbidding.
Ons misdaad syfer is ver onder die van die stede en baie lae ernstige misdade soos moord of roof.
Ja..ons het maatskaplike probleme en werkloosheid soos enige ander dorp en die land...Lambertsbaai is nie imuun teen die nasionale stand van ons land se ekonomiese probleme nie. Ons het armoede, ons het mense wat vra vir kos en ook drank..maar ons is nie die enigste nie...in Kaap bedel mense by robotte...ons het nie robotte nie..so hulle is dalk lastig by toerisme plekke of winkels...is dit meer as in ander?? Miskien wel.
Hier investeer nog steeds mense van buite die dorp in huise of aftree plekke of strandhuise. Hier is n paar mega boere wat onlangs plase gekoop het en strandhuise besit. Mees onlangs het die groot baas van Shoprite ook hier belê in n strandhuis.
So daar moet nog iets wees wat mense trek na die dorp toe.
Loop daar riool in ons strate soos elders waar Munisipaliteite totaal en gefaal het?? Nee dit doen.
Hier word vullis nog verwyder selfs na-ure as die trok gebreek het..ja..dit gebeur. Is dit normaal?? Nee...maar dit funksioneer.
Het ons slag gate?? Ja...maar dit word nog periodiek herstel.
Ek d**k ons as oud Lambertsbaaiers moet dalk ook meer positief wees en ambassadeurs wees vir ons geliefde dorp.
Ek was vanoggend betrokke by n vergadering tussen Cape Nature, Toerisme en Dept Seevisserye op die Voël Eiland, gesogte toerisme attraksie weer op te gradeer.
Ons het ook vandag weer die Sederberg Munisipaliteit terug gewen met Dr. John Hayes wat as Speaker gaan dien.
Ek bly gelukkig hier.
Kom ondersteun ons en help waar julle kan om die plek te help bou....al is deur n goeie ambassadeur te wees. Ons is nie blind vir ons tekortkominge nie...en ons poog om dinge om te draai. Dit gaan dalk lank vat...maar ons is trots.
Foto vandag geneem