𝘄𝘄𝘄.𝗽𝗮𝘂𝗹𝗮𝗻𝗱𝗶.𝗰𝗼.𝘇𝗮
Paulandi - Leeupoort: Kom rus in die bosveld, slegs 2 ure se ry vanaf Pretoria. Besoek gerus https://www.paulandi.co.za vir alle inligting rakende Paulandi - Leeupoort.
𝗪𝗔𝗔𝗥 𝗜𝗦 𝗣𝗔𝗨𝗟𝗔𝗡𝗗𝗜? Paulandi - Leeupoort is geleë in malariavrye Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi-distrik, Limpopo, o
p die R516, sowat 58 km vanaf Thabazimbi en 72 km vanaf Bela-Bela. Paulandi - Leeupoort se Google Maps skakel: https://goo.gl/maps/2iD3kf3wBfGJ5iPZ7
𝗕𝗘𝗦𝗞𝗜𝗞𝗕𝗔𝗥𝗘 𝗗𝗔𝗧𝗨𝗠𝗦, 𝗧𝗔𝗥𝗜𝗘𝗪𝗘 𝗘𝗡 𝗞𝗪𝗢𝗧𝗔𝗦𝗜𝗘𝗦
Besoek Paulandi - Leeupoort se aanlyn besprekingskalender vir beskikbare datums, tariewe en kwotasies: https://www.paulandi.co.za/afrikaans/bespreek
Groen datums = Beskikbaar
Rooi/Grys datums = Nie beskikbaar nie
Deur beskikbare groen datums te selekteer sal die kalender outomaties 'n kwotasie genereer vir die geselekteerde periode. Selekteer jou gekose beskikbare datums, vul jou besonderhede aanlyn in en stuur dit om die bespreking te finaliseer. As die aanlyn bespreking suksesvol afgehandel is sal jy binne 24 uur ‘n epos ontvang met die faktuur en bankbesonderhede.
𝗣𝗔𝗨𝗟𝗔𝗡𝗗𝗜 𝗩𝗔𝗞𝗔𝗡𝗦𝗜𝗘𝗛𝗨𝗜𝗦
Paulandi - Leeupoort is geleë op erf 1016 Buffelpaadjie, uitbreiding 5, Leeupoort Vakansiedorp. Hierdie selfsorg vakansiehuis met 4 slaapplekke bestaan uit:
* 1 Hoofslaapkamer met dubbelbed en ‘n 9000 BTU lugversorger.
* 1 Volledige badkamer met bad, stort, wasbak en toilet.
* Leefarea met twee enkelbed slaapbanke en ‘n 24 000 BTU lugversorger.
* Oopplan-kombuis, ten volle toegerus met ingeboude stoof en oond, microgolfoond, yskas/vrieskas en ysmasjien.
* 40” TV met volle DSTV.
* 3m X 7m Houtdek wat toeganklik is deur die leefarea en slaapkamer.
* Op die houtdek is ‘n swaaibank, piekniekbank en braai onder dak.
* Toegeruste buitelug braaigeriewe en boma.
𝟮𝟬𝟮𝟮 𝗧𝗔𝗥𝗜𝗘𝗪𝗘
Tariewe is eenheidsprys vir die bosveld vakansiehuis wat 4 persone slaap, nie per persoon nie.
* Midweek (Maandag – Donderdag) @ R700 per nag vir die huis wat 4 persone slaap.
* Naweek (Vrydag – Sondag) @ R800 per nag vir die huis wat 4 persone slaap – minimum 2 nagte.
* Langnaweke en Desember skoolvakansie @ R900 per nag vir die huis wat 4 persone slaap. Die nie verhaalbare adminfooi per bespreking beloop R360 - hierdie fooi dek die skoonmaakdienste voor aankoms en hekregistrasiefooi vir een voertuig. Geen aankomste op Sondae word aanvaar nie - skoonmaakdienste is nie beskikbaar nie. Vertrek tyd op Sondae is om 16:00.
𝟮𝟬𝟮𝟮 𝗣𝗘𝗡𝗦𝗜𝗢𝗡𝗔𝗥𝗜𝗦 𝗔𝗙𝗦𝗟𝗔𝗚 – 𝗦𝗣𝗔𝗔𝗥 𝗥𝟳𝟬𝟬! Pensionarisse bespreek hierdie bosveld vakansiehuis vir 4 buiteseisoen, middel van die week nagte (Maandag – Donderdag, vertrek Vrydagoggend) en spaar R700 vir die periode vir die huis wat 4 persone slaap. Totaal vir 4 nagte sou R3160 beloop, maar Pensionarisse betaal slegs R2460. SPAAR R700!
Be the first to know and let us send you an email when Paulandi - Leeupoort posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Is jy opsoek na bekostigbare selfsorg akkommodasie in die hartjie van die bosveld?
Paulandi bied lafenis en rustigheid vir die siel in Bosveldparadys. Dis geleë in malariavrye Leeupoort Vakansiedorp, in die Thabazimbi-distrik, Limpopo, op die R516, sowat 58 km vanaf Thabazimbi en 72 km vanaf Bela-Bela.
Paulandi is ’n selfsorg bosveld vakansiehuis waarin 4 mense kan slaap, in ’n natuurreservaat, omring deur die Waterberge. Die reservaat is die tuiste van 50 soorte soogdiere, 170 soorte voëls en 114 boomspesies. Die wild loop in die strate en wei tussen die huise. Hier bestaan ’n besonderse band wat deur die jare tussen mens en dier gesmee is.
Daar is heelwat wandelpaadjies wat kronkel deur ’n wye verskeidenheid inheemse bome. Besoekers het van 07:00 – 18:00 vry toegang tot die 823 ha natuurreservaat waar hulle kan stap, draf, fietsry of motorry. Daar is kameelperde, wildebeeste, ’n verskeidenheid boksoorte en ander wild te sien.
Leeupoort het ’n gematigde klimaat regdeur die jaar. Dit is warm in die somer met ’n hoë reënval van September tot April, en is bekend vir donderstorms in die middae. Gedurende die droë wintermaande bly die klimaat matig, hoewel temperature aansienlik daal in die nag.
Die welige bosveldplantegroei bied genoeg weiding vir ’n verskeidenheid wild soos kameelperde, blouwildebeeste, elande, koedoes, rooibokke, njala, vlakvarke en sebras. Dit is ’n paradys vir voëlliefhebbers.
KALENDER
Besoek Paulandi - Leeupoort se aanlyn besprekings kalender vir beskikbare datums, tariewe en kwotasies:
https://www.paulandi.co.za/afrikaans/bespreek
Groen datums = Bekikbaar
Rooi/Grys datums = Nie beskikbaar nie
MEER OMTRENT DIE VAKANSIEHUIS
Paulandi is geleë op erf 1016 Buffelpaadjie, uitbreiding 5, Leeupoort Vakansiedorp, sowat 500 m van die natuurreservaat se hoofingang en 400 m van die sonsondergang-uitkykpunt.
Hierdie selfsorg vakansiehuis met 4 slaapplekke bestaan uit:
1 hoofslaapkamer met dubbelbed en ‘n 9000 BTU lugversorger.
Volledige badkamer (bad, stort, wasbak en toilet).
Leefarea met twee enkelbed slaapbanke en ‘n 24 000 BTU lugversorger.
Oopplan-kombuis, ten volle toegerus en het ‘n ysmasjien.
‘n TV met die volle DSTV paket.
‘n 3m X 7m Houtdek wat toeganklik is deur die leefarea en slaapkamer.
Op die houtdek is ‘n swaaibank, piekniekbank en braai onder dak.
‘n Klimraam vir kinders – slegs vir gebruik onder volwasse toesig.
Toegeruste Braaigeriewe en boma langs die klimraam.
2020 TARIEWE
Tariewe is eenheidsprys vir die bosveld vakansiehuis wat 4 persone slaap, nie per persoon nie.
Buiteseisoen Midweek
Maandagaand – Donderdagaand @ R600 per nag vir die huis.
Buiteseisoen Naweek
Vrydagaand – Sondagaand @ R700 per nag vir die huis– minimum 2 nagte. Bespreek Vrydag en Saterdag nag betaal sleg R500 vir Sondag.
Langnaweke en Gauteng skoolvakansies
@ R900 per nag vir die huis.
Die adminfooi per bespreking beloop R360 - hierdie fooi dek die skoonmaakdienste voor aankoms, nie verhaalbare adminfooi en die hekregistrasiefooi vir een voertuig.
2020 PENSIONARIS AFSLAG – SPAAR R600!
Pensionarisse bespreek hierdie bosveld vakansiehuis vir 4 buiteseisoen, middel van die week nagte (Maandag – Donderdag) en spaar R600 vir die periode vir die huis wat 4 persone slaap . Totaal vir 4 nagte sou R2760 beloop, maar Pensionarisse betaal sleg R2160. Spaar R600!
PAULANDI EN LEEUPOORT REËLS
Neem alle swartsakke met rommel na die dorp se ingangshek met jou vertrek – daar is ‘n versamelpunt vir die rommel. Leeupoort het geen straat vullis verwyderingsdiens nie en vullis wat agter gelaat word is ‘n gevaar vir die diere. Indien jy dit nie doen nie sal ons ongelukkig ‘n rekening van R100 moet stuur vir die koste wat ons die skoonmaakdienste moet betaal om dit te verwyder.
Alle skottelgoed moet asseblief af gedroog en weg gepak word, moenie jou skottelgoed vir die skoonmaakdientste agter laat nie.
Moenie kinders sonder volwasse toesig op die klimraam toelaat nie. Ons hou geen verantspreeklikheid vir enige beserings nie en die gebruik van die klimraam is slegs op eie risiko.
Paulandi is ’n nierook-eenheid; rook asseblief buite en maak gebruik van die asbakkies wat voorsien word.
Moet onder geen omstandighede ’n vuur onbeman laat nie! Blus ’n vuur met water nadat dit klaar gebruik is. Neem asseblief die as saam met jou vullis die dag met vertrek.
Vermy geraasbesoedeling – dit versteur die diere en ander mense.
Moenie rommel strooi nie.
Indien jy nie by die eenheid is nie, sluit die deure en venters. Bobbejane en ape kan groot skade aanrig.
Die rioolsisteem is ’n septiese tenk wat oorloop na ’n stapelriool (“French drain”); dus versoek ons die gaste om slegs menslike afval en toiletpapier in die toilet af te spoel; geen voorwerpe nie. Dames maak gebruik van die asblik vir die wegdoen van sanitêre afval.
Moet geen sterk chemikalieë in die drein afspoel nie, dit het ’n invloed op Leeupoort se watertafel.
Die spoedbeperking in die dorp is 25 km/h. Wees te alle tye op die uitkyk vir wild wat moontlik voor die motor kan inloop.
Let asseblief op na die natuurreservaat se hek tye op die bord en hou daarby.
Geen troeteldiere, vuurwerke, vuurwapens of vierwielmotorfietse word toegelaat nie.
Jag en visvang in Leeupoort is streng verbode.
Leeupoort is ‘n geproklameerde natuurreservaat – geen klippe, plante, hout of diere mag verwyder word nie.
Respekteer te alle tye die wild en moet onder geen omstandighede die diere tart, jaag of terg nie.
Onthou altyd: Alhoewel die wild besonder mak lyk, bly hulle wildediere. Moet asseblief nie die risiko neem om hulle soos makdiere te hanteer nie.
Die eienaars van Paulandi behou die reg van toegang en oortreders sal gevra word om die perseel te verlaat.
Paulandi se eienaars sal nie verantwoordelik gehou word vir enige besering, verlies, uitgawe of skade van enige aard hoegenaamd gely of aangegaan deur enige persoon wat toegang het of gebruik maak van hierdie fasiliteit nie.