28/08/2026
KOSMOS STEREO BIED AAN: INNI MIDDEL FEES 2026!
Op 28 November 2026 verander Steelcrest High School in Middelburg in die tuiste van een van die grootste feeste van die jaar โ INNI MIDDEL FEES 2026!
Maak gereed vir 'n dag gevul met top kunstenaars, lekker kos, koue verversings, hope stalletjies, helikopterritte en 'n ongelooflike feesatmosfeer waar die hele familie saam kan kuier en herinneringe maak.
๐ค Op die verhoog:
โญ Steve Hofmeyr
โญ Jennifer Zamudio
โญ Ruan Josh
โญ Fran Prins
โญ Dis Net Frederick
โจ ...en nog vele meer!
๐๏ธ Met Daniel Hoffmann as MC wat die dag se verrigtinge gaan lei!
๐จโ๐ฉโ๐งโ๐ฆ Adheti Entertainment sorg vir hope pret met springkastele, speelareas, gesigverf, kreatiewe aktiwiteite, borrel- en danspartytjies, fees-tattoos, 'n Nerf War Zone, Axe Throwing, Rage Paint en nog vele meer verrassings deur die dag! ๐จ๐ซ
Daar gaan ook 'n groot verskeidenheid stalletjies wees โ van heerlike kos en verversings tot handgemaakte produkte, geskenke, klere, lekkernye, kuns, dekor en nog vele meer. Daar gaan werklik iets vir elkeen wees om te ontdek en te geniet!
Of jy nou saam met familie wil kuier, jou gunsteling kunstenaars wil sien optree, lekker wil eet of net die feesgees wil ervaar โ Inni Middel Fees is die plek om op 28 November te wees!
๐VIP-kaartjies is ook beskikbaar en sluit 'n eksklusiewe area in die biertuin met tafels en stoele naby die verhoog in, asook 'n eie ry by die biertuin.
๐๏ธ Kaartjies:
โข Volwassenes โ R150
โข Pensionarisse โ R100
โข Onder 18's โ R100
โข 0โ7 jaar โ GRATIS
โข VIP โ R500
๐ซ Kaartjies is beskikbaar by Quicket (let wel: Quicket voeg 'n diensfooi by die kaartjieprys): https://www.quicket.co.za/events/376006-inni-middel-fees/
Of koop dit direk by Kosmos Stereo, 192 Cowen Ntuli Straat, Middelburg. Kaartfasiliteite is beskikbaar.
Daar sal ook kaartjies by die hekke beskikbaar wees!
Inni Middel Fees 2026 is 'n kontantlose geleentheid. Geen kontanttransaksies sal op die feesgronde hanteer word nie.
Moenie hierdie dag van musiek, familiepret en onvergeetlike herinneringe misloop nie. Kry jou kaartjies vandag en wees deel van die fees waaroor almal gaan praat!