Marius du Plooy Tours

Marius du Plooy Tours Toer saam met my: Italië, Kroasië, Slowenië, Turkye, Marokko, Portugal
Of ander lekkertes in Europa

Verken Oostenryk, Slowakye en Hongarye op die asemrowende Donaurivier - op 'n spog rivierboot met jou eie ruim kajuit - ...
18/06/2025

Verken Oostenryk, Slowakye en Hongarye op die asemrowende Donaurivier - op 'n spog rivierboot met jou eie ruim kajuit - en sluit af met 2 nagte in Praag, vanaf 7 tot 19 April 2026. Bewonder die skoonheid van die natuur en verken betowenrende stede en omgewings in jou eie tyd terwyl ons daagliks vasmeer. Vlugte, vervoer, verblyf, etes en meer word ingesluit, so besoek ons webblad vir 'n volledige toerprogram en besprekings: www.mariusduplooy.com/donauvaart-april-2026

Twee van ons gewildste toere in Maart & April 2026 is nou oop vir besprekings! Verken die asemrowende sjarme, skoonheid ...
06/06/2025

Twee van ons gewildste toere in Maart & April 2026 is nou oop vir besprekings! Verken die asemrowende sjarme, skoonheid en lewendige stede van Portugal met 'n boot op die Dourorivier, of ervaar die unieke kultuur, musiek en kosse van Marokko onder die sterre van die Sahara Woestyn. Alle vlugte, verblyf, ontbyt en meer word ingesluit in jou toer, so besoek www.mariusduplooy.com vir meer inligting en besprekings.

Luister môreoggend om 10.30 op RSG na ‘n paar verrassende 2026 toere van Marius du Plooy Tours….VIËTNAM, BRASILIË, PORTU...
16/05/2025

Luister môreoggend om 10.30 op RSG na ‘n paar verrassende 2026 toere van Marius du Plooy Tours….VIËTNAM, BRASILIË, PORTUGAL, ‘N PAAR LUUKSE RIVIERVAARTE en nog meer… of loer intussen self op

mariusduplooy.com - Toere en avonture Waar Drome Waar Word

‘n Besoek aan die oorblyfsels van die sewe gemeentes in moderne Turkye word baie meer as lewenslange herinneringe. Ons t...
10/03/2025

‘n Besoek aan die oorblyfsels van die sewe gemeentes in moderne Turkye word baie meer as lewenslange herinneringe. Ons toer is ‘n geloofsreis in die voetspore van Paulus en die eerste Christene, sowel as ‘n besoek aan Istanbul, Kappadosië se wonderwêreld, waar die Christene in ondergrondse stede vir die Romeinse soldate weggekruip het - en soveel meer! Besoek ons webblad vir navrae en besprekings: https://www.mariusduplooy.com/bybelse-toer-2025

10/03/2025

Brasilië - Kom voel die ritme van Rio de Janeiro en kom Samba saam in Sao Paolo - vanaf 6 tot 18 November 2025! Ons besoek ook die kusdorp Paraty met ou kerke en kobbelsteen-paadjies. Hier is jy omring met digte woude en watervalle, met ‘n uitsig oor eilande in die smarag-groen see. En dan ‘n groot “bucket list” bestemming vir baie mense – die skouspelagtige Iguazu watervalle op die grens van Brasilië en Argentinië. Slegs 6 plekke oor, so besoek ons webblad vir meer inligting en besprekings: https://www.mariusduplooy.com/brasilie2025

20/02/2025

Vanoggend om 10.15 op RSG se Reis Sonder Grense, Marius du Plooy Tours se twee toere vanjaar waarop daar nog plek is...EN nou reeds 2026 se eerste 7 bobaas-toere.

17/01/2025

Luister môreoggend 10.20 op Reis Sonder Grense. Twee splinternuwe toere van Marius du Plooy Tours!!

'n Suid-Amerikaanse avontuur in Brasilië - vanaf 6 tot 18 Nov 2025!  Voel die ritme van Rio de Janeiro en kom Samba saam...
16/01/2025

'n Suid-Amerikaanse avontuur in Brasilië - vanaf 6 tot 18 Nov 2025! Voel die ritme van Rio de Janeiro en kom Samba saam in Sao Paolo!
Ons verken ook Paraty - ‘n kusdorp propvol Portugese koloniale karakter, met ou kerke en kobbelsteen-paadjies - omring deur digte woude en watervalle, met ‘n uitsig oor eilande in die smarag-groen Atlantiese Oseaan.
Ontspan tussen die betowerende eilande van Angra dos Reis en beleef ‘n groot 'bucket list' bestemming vir baie mense: die skouspelagtige Iguazu watervalle op die grens van Brasilië en Argentinië!
Geen visum is nodig nie, so besoek ons webblad vir meer inligting en bespreek jou plek NOU: https://www.mariusduplooy.com/brasilie2025

Beleef Turkye in Oktober 2025! Besoek die “Blue Mosque”, Spice Market en Grand Bazaar in Istanbul, Efese waar Paulus dui...
13/12/2024

Beleef Turkye in Oktober 2025! Besoek die “Blue Mosque”, Spice Market en Grand Bazaar in Istanbul, Efese waar Paulus duisende jare gelede gepreek het en die kalsiumpoele van Pamukkale. In Capadoccia ervaar ons die onbeskryflike kabouter-maanlandskap waar mense in grotte gewoon het en waarin ons hotel gedeeltelik ingebou is. ​Daar is ‘n opsionele warmlug-ballon vlug, wat jy nooit as te nimmer sal vergeet nie! ‘n Paradys vir koop met die oog of met die beursie, insluitende matte, juweliersware, kruie, speserye en Turkish Delight! Besoek ons webblad vir meer inligting, besprekings en navrae: https://www.mariusduplooy.com/turkye-oktober-2025

Luister môreoggend 10:15 na RSG   vir 2025 se toere waarop daar nog plek beskikbaar is!!Luister & loer vir AL na die nuw...
08/11/2024

Luister môreoggend 10:15 na RSG vir 2025 se toere waarop daar nog plek beskikbaar is!!

Luister & loer vir AL na die nuwe Viëtnamtoer.

mariusduplooy.com - Toere en avonture Waar Drome Waar Word

Ontsnap volgende winter op ‘n eksotiese avontuur in Viëtnam - 'n land met asemrowende natuurskoon, ‘n ryk geskiedenis en...
24/10/2024

Ontsnap volgende winter op ‘n eksotiese avontuur in Viëtnam - 'n land met asemrowende natuurskoon, ‘n ryk geskiedenis en gasvrye mense. Viëtnam bedien 'n vrygewige buffet van Suidoos-Asië se smake, klanke, geure en kleure. Toer deur die Mekong Delta, geniet 'n staptoer deur Hoi An se oustad en oornag op 'n luukse boot op die skouspelagtige Ha Long Baai. Besoek ons webblad vir meer inligting en kom toer saam vanaf 1 - 15 Julie 2025! https://www.mariusduplooy.com/viëtnam2025

Address

Muizenberg

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Marius du Plooy Tours posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Marius du Plooy Tours:

Share