Marlotti Farm Venue

Marlotti Farm Venue Wedding & Function Venue
Tourism Stop-over Destination

Very fond memories....
08/01/2021

Very fond memories....

08/01/2021
Hallo vriende, familie, kliente….Ons het die besluit geneem om die deure te sluit van Marlotti Farm Venue. Sedert die lo...
08/01/2021

Hallo vriende, familie, kliente….Ons het die besluit geneem om die deure te sluit van Marlotti Farm Venue. Sedert die lockdown begin het in Maart en ons maandelikse inkomste gestop is oornag (toerbusse wat elke dag gestop het vir ‘lunch’) het ons koppe gekrap en nie geweet wat ons gaan doen nie. Die HERE was goed en dadelik vir ons albei permanente werk gegee…Ons dank HOM daarvoor! Maar ons het bly hoop dat die jaar 2020 nou maar afgeskryf kan word en gehoop op 2021…….. …maar………eintlik is 2021 net erger met die virus-ding as 2020 en niemand weet meer wat aangaan in die wêreld nie en ons kan nie meer sit en wag vir verandering nie, ons kan nie meer wag op die hoop dat die toeriste weer sal kom nie….Ons het vir 9 maande gewonder en gewonder en gebid en gebid……….Oor Desember het hulle ingebreek by ons “honeymoon” suite en alles gesteel. Daar en dan het ons ons antwoord gekry waarvoor ons 9 maande lank oor gewonder het…Dit was tyd om te laat gaan…ons was reg daarvoor. Ons het baie ander planne nou met ons “venue” maar ons sal moet “let go”.
Daarom wil ons (Ek en Shawn) graag ‘n paar mense bedank:
- Die HERE dat hy ons so verskriklik geseën het in die 3 jaar wat Marlotti gebore is en grootgeword het.
- Vir my ouers Koos & Rina van Heerden. Hulle het dag na dag hulle dienste vir ons aangebied en hulle flou gewerk saam met ons. My ma het met elke bus, elke funksie die blomme gedoen, die dekor en gesorg dat alles 10 uit 10 lyk! Sy het nagte om gesit en tafeldoeke gewerk en servette gemaak, idees uitgedink en nog vele meer. Dankie my liewe moeder! My pa het mampoer gegooi vir ons duitse gaste, dag na dag geluister na die toeriste se stories en sy dogter elke oggend 5 uur gehelp melktert bak vir die duitsers wat kom daardie dag. Dan het hulle ook nog na die kinders gekyk tussen-deur!
- My Boetie, Koos van Heerden en skoonsussie Michelle van Heerden.. Op die nippertjie dan bel sy sussie hom, “boetie kom gou….hier is te veel mense, kom help gou in die bar!, asseblief kom nou!” Dan kom help hy sy sussie en swarrie…ALTYD en dan vermaak hy my gaste ook op sy manier, hulle was altyd mal oor hierdie boer! My skoonsussie Michelle, ‘n vrou wat alles kan doen, en as daar die dag ‘n groot funksie was het sy my gered, of met haar woorde kalmeer of met haar “organising-skills” en kombuis vernuf gehelp! Dankie liefste skoonsus!
- Ons kinders – SJ en Nina: Hierdie twee wou net nie hulle mamma en pappa los nie, elke sekonde was hul daar, SJ wat bier doppies verkoop aan die toeriste, sy ma help mieliebrood bak en nog vele meer. Nonnatjie het by haar pa in die bar gesit en nie geroer nie, totdat die funksie of die bus weg is. Of sy het met al my kombuis gereedskap modder koekies gebak…Dankie vir julle geduld en hulp ons liewe kinders!
- Michelle en Koos se kinders: Annerie, Karlien en Kosie – Die atmosfeer by die venue sou nie so lekker gewees het as julle nie daar was nie, altyd helder julle die plek op!
- Tannie Joy en oom Danie Smit – hulle was ons inspirasie om die venue oop te maak en sonder hulle raad en hulp sou ons nie so suksesvol kon wees nie! Julle het baie beteken vir ons!
- Ursula McKee: Thank you for helping us to secure tour bus bookings for us, for all your advice and support, we truly value everything you have done for us! Thank You!
- Ons verskaffers: Veral tannie Maria Schulze: Die kwaliteit van haar slaghuis se vleis was uitstekend! Al ons gaste het altyd ge”rave” oor die kwaliteit van die vleis!
- Ons vriende: Altyd gewillig om uit te help en ietsie van die dorp af te bring vir die funksie!
- Al die toergidse wat soos familie geword het oor hierdie 3 jaar: Rossouw Ursula McKee Marion Craik@marlene giessen mthembu kreie hagen ziep -anne klocke to name a few
- My creative designer: Retha Visser! Ai, jou oog, styl en ontwerp vermoë is ALTYD van die BESTE! Baie van ons sukses het gespruit uit die stylvolle manier waarop jy ons bemarkings materiaal ontwerp het! Dankie reets!
-die gemeenskap, sekere mense in ons gemeenskap het omtrent elke dans, ete en funksie bygewoon, mense soos Joandi Van Den Berg Susie van den BergMarietjie Le Roux@chantel badenhorstCasper Badenhorst Dankie julle!


Ons gaan defnitief nog aangaan met ons leierskap-kampe en oefen-kampe vir kinders, obstacle races en trail runs! Daarvan sal julle nog baie sien!!!!! Maar vir eers roep ons vaarwel aan Marlotti Farm Venue!
Hopenlik binnekort kan ons dit ons nuwe tuiste noem!

Dankie dit was lekker! Ons sal dit weer doen! Cheers op 2021!

Ek deel ‘n paar fotos van ons reis by Marlotti Farm Venue!

Rina Van HeerdenMichelle Language van HeerdenShawn Smuts

Laaste ‘YEF’vir 2020 🍾🎄🍒Dankie Remax Lydenburg/Burgersfort/Palaborwa vir jul ondersteuning!  🏠
18/12/2020

Laaste ‘YEF’vir 2020
🍾🎄🍒
Dankie Remax Lydenburg/Burgersfort/Palaborwa vir jul ondersteuning!
🏠

06/12/2020


06/12/2020
Harvest Table    Happy Sunday Everyone! 🎄🍾🌼🌞
06/12/2020

Harvest Table


Happy Sunday Everyone! 🎄🍾🌼🌞

04/12/2020

Who’s got the spirit?
💙

03/12/2020

The winning team

LHS LEADERSHIP DAY
03/12/2020

LHS LEADERSHIP DAY

Address

Kranskloof Farm KT523
Ohrigstad Settlement
1120

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Marlotti Farm Venue posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Marlotti Farm Venue:

Share