Phuket Toere

Call Directions Contact the business

Phuket Toere Toere na Phuket
(2)

Dag 6Ons vertrek vroeg oggend na Coral eiland - Banana beach. Die water is helder blou, ongelooflik mooi.Ons eet die hee...
20/10/2026

Dag 6
Ons vertrek vroeg oggend na Coral eiland - Banana beach. Die water is helder blou, ongelooflik mooi.
Ons eet die heerlikste middagete op die eiland.

Dag 5Vandag doen ons 'n stadstoer en stop by die Big Buddha, Wat Chalong tempel, Gems gallery, 'n byeplaas en 'n neutfab...
19/10/2026

Dag 5
Vandag doen ons 'n stadstoer en stop by die Big Buddha, Wat Chalong tempel, Gems gallery, 'n byeplaas en 'n neutfabriek.

Gisteraand gaan kyk 'n klompie van die toerlede die Siam Niramit vertoning en besoek die Thai dorpie op die perseel.
19/10/2026

Gisteraand gaan kyk 'n klompie van die toerlede die Siam Niramit vertoning en besoek die Thai dorpie op die perseel.

Vanjaar is ons 10de jaar van Phuket Toere.Ons gaan vier ons "10 jaar" op die strand met 'n glasie sjampane uit Suid-Afri...
18/10/2026

Vanjaar is ons 10de jaar van Phuket Toere.
Ons gaan vier ons "10 jaar" op die strand met 'n glasie sjampane uit Suid-Afrika.
Baie dankie aan al die Phuket-reisigers wat saam met ons Phuket beleef het oor 10 jaar.
Dit was vir ons baie aangenaam om soveel reisvriende te kon ontmoet.
Julle het ons reistas vol gemaak met net die heel mooiste reis-herinneringe!

Gerry en Magda is vandag 46 jaar getroud en ons vier hulle huweliksherdenking saam met hulle in Phuket - wat 'n voorreg!...
18/10/2026

Gerry en Magda is vandag 46 jaar getroud en ons vier hulle huweliksherdenking saam met hulle in Phuket - wat 'n voorreg!!
Ons wens julle alles wat mooi is toe vir die toekoms en mag julle nog baie gelukkige jare saam hê!!

Dag 4Ons gaan Patong toe en besoek die Banzaan varsmark waar hulle alle vars produkte vanaf vleis, vrugte, groente, blom...
18/10/2026

Dag 4
Ons gaan Patong toe en besoek die Banzaan varsmark waar hulle alle vars produkte vanaf vleis, vrugte, groente, blomme, vis, ens verkoop.
Daarna gaan bevredig almal hulle "kooplus" by Jung Ceylon.

Dag 3Vanoggend gaan swem ons op een van die heel mooiste eilande in Phuket, nl Bon eiland by Rawai. Ons hele groep is al...
17/10/2026

Dag 3
Vanoggend gaan swem ons op een van die heel mooiste eilande in Phuket, nl Bon eiland by Rawai. Ons hele groep is alleen op die eiland vir 'n hele paar uur.
Vanaand gaan ons na die "Naka Weekend mark" - een van die heel grootste markte op die eiland. Hulle het hierdie mark baie opgegradeer wat fantasties is.
Dit is by hierdie mark waar Nene Royal van kleins af gesing het - haar vanaand baie gemis!

Dag 2Vandag slaap almal lekker laat en ons ontmoet vir Pat (ons agent in Phuket) om 10:00. Sy bring vir ons almal die mo...
16/10/2026

Dag 2
Vandag slaap almal lekker laat en ons ontmoet vir Pat (ons agent in Phuket) om 10:00. Sy bring vir ons almal die mooiste strandsakke met elkeen se naam op.
Elkeen kan verder ontspan op hulle eie.
Om 15:00 vertrek ons na Rawai om die vars seekosmark te gaan besigtig en koop die mooiste pêrels by al die pêrelstalletjies en gaan lawe ons kele by die Fish Bar op die strand.
Ons gaan vier ons 10de jaar van Phuket Toere met 'n glasie sjampanje op die strand en gaan eet 'n heerlike aandete by Kiri Restaurant.

Dag 1 in PhuketOns boek in in ons hotel in Kata - Andaman Cannacia Resort & Spa, Wellness Hotel, Phuket,  Kata Beach .On...
15/10/2026

Dag 1 in Phuket
Ons boek in in ons hotel in Kata - Andaman Cannacia Resort & Spa, Wellness Hotel, Phuket, Kata Beach .
Ons vertrek op 'n middag uitstappie na Karon Viewpoint, Promthemp Cape Viewpoint en bewonder die sonsondergang oor Kata Noi met die lekkerste pinacolada by die After Beach restaurant.
Daarna eet ons 'n 4-gang ete by die hotel en almal gaan slaap vroeg na 'n lang vlug en vol dag.
En Esmé en Theresa arriveer vanaf Durban.

'n Baie opgewonde groep reisigers op pad Phuket toe. Ons vlieg hierdie jaar met Emirates en is baie beïndruk met die lug...
15/10/2026

'n Baie opgewonde groep reisigers op pad Phuket toe. Ons vlieg hierdie jaar met Emirates en is baie beïndruk met die lugredery.

Address

Potchefstroom
2531

Telephone

+27721861444

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Phuket Toere posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Phuket Toere:

Shortcuts

Share

Category