Ansonette The Travel Planner

Ansonette The Travel Planner Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Ansonette The Travel Planner, Travel Company, Potchefstroom.

🇪🇸 SIT AAN DIE KETEL – DANZA DEL ALMA 2026 🇪🇸Daar is iets besonders aan ’n reis wat méér word as net plekke op ’n kaart…...
15/08/2026

🇪🇸 SIT AAN DIE KETEL – DANZA DEL ALMA 2026 🇪🇸

Daar is iets besonders aan ’n reis wat méér word as net plekke op ’n kaart… ’n reis waar vriendskap, mooi oomblikke en nuwe herinneringe saamgevleg word.

Hierdie jaar het The Travel Planner weer die voorreg om die Sit aan die Ketel girls trip te fasiliteer – en wat ’n besonderse bestemming vir ’n groep vroue: Spanje💃🏼🍷☀️

Sevilla is pure Spaanse romanse. 🌹
Oranjebloeisels in ou straatjies, versteekte binnehowe, tapas wat tot laat in die aand geniet word en die klank van flamenco wat deur die stad eggo. Dis ’n plek met siel – passievol, kleurvol en onmiskenbaar Spaans. 💃🏼

En dan… Nerja. 💙
Waar witgekalkte huisies teen die Andalusiese kus lê, die Middellandse See in eindelose skakerings van blou voor jou uitstrek en sonsondergange jou herinner om vir ’n oomblik net stil te staan en alles in te neem. Hier voel die lewe sommer ’n bietjie stadiger… en ’n bietjie mooier. 🌊✨

Vir The Travel Planner gaan reis nie net oor vlugte, hotelle en besprekings nie. Dit gaan oor die mense, die ervaring en daardie klein oomblikke wat lank ná die tasse uitgepak is, steeds in jou hart bly.

Ek sien uit daarna om saam met die Sit aan die Ketel-dames Andalucía te beleef, te lag, te kuier, te ontdek en herinneringe te maak wat hopelik ’n leeftyd sal hou. 🇪🇸🥂

En daar is geen beter woorde vir hierdie reis as:

“El Tiempo de Dios es Perfecto.” ❤️

✨ God se tydsberekening is perfek. ✨

Soms gebeur die mooiste dinge nie wanneer óns dit beplan het nie, maar presies wanneer die tyd daarvoor reg is.

Andalucía… ons is amper oppad! 🇪🇸💃🏼🌹

The Travel Planner ✈️
Waar reis herinneringe word.

31/07/2026
‘n Reis van harte… saam.🇮🇹Daar is min dinge so kosbaar soos ’n ma en dogter wat saam die wêreld ontdek. ❤️Van die stylvo...
31/07/2026

‘n Reis van harte… saam.🇮🇹

Daar is min dinge so kosbaar soos ’n ma en dogter wat saam die wêreld ontdek. ❤️

Van die stylvolle strate van Milaan, na die romantiese kanale van Venesië, waar elke brug en gondel ’n storie vertel. Daarna die tydlose kunsskatte van Florence, die sprokiesagtige torings van San Gimignano, waar dit voel asof tyd vir ’n oomblik gaan stilstaan, en uiteindelik die ewige bekoring van Rome, waar eeue se geskiedenis en die Italiaanse dolce vita hand aan hand stap.

Mag hierdie reis net die eerste hoofstuk wees van nog baie wêreldontdekkings saam.

✨ Want die mooiste bestemmings is dié wat jy saam met iemand spesiaal beleef.

20/07/2026
🌴 Beachcomber Mauritius – waar vakansiedrome waar word 🌊Omring deur die sprankelende Indiese Oseaan wag daar ’n tropiese...
20/07/2026

🌴 Beachcomber Mauritius – waar vakansiedrome waar word 🌊
Omring deur die sprankelende Indiese Oseaan wag daar ’n tropiese paradys wat jy eenvoudig self moet beleef.

Beachcomber Resorts & Hotels is Mauritius se langste gevestigde luukse hotelgroep en bied alles wat jy nodig het om hierdie besonderse eiland ten volle te geniet.
Beachcomber skep nie net onvergeetlike vakansieherinneringe nie—hulle neem ook hul verantwoordelikheid teenoor Mauritius se kosbare natuurskoon ernstig op. Hierdie liefde en respek vir die omgewing vorm deel van elke ervaring.

Of jy droom van die rustige elegansie van Paradis Beachcomber, of eerder die avontuur, watersport en natuurskoon van Shandrani Beachcomber Resort & Spa verkies—daar is ’n Beachcomber-oord wat perfek by elke reisiger pas.

Ek het die voorreg gehad om al verskeie kliënte se Beachcomber-vakansies te beplan, en elkeen het teruggekom met die mooiste stories: warm Mauritiaanse gasvryheid, asemrowende strande, heerlike kos, uitstekende diens en daardie besondere eilandgevoel wat lank ná die vakansie nog by jou bly.

Van romantiese wegbreke en gesinsvakansies tot rustige dae langs die see—my kliënte se foto’s, ervarings en gelukkige herinneringe vertel telkens dieselfde storie:
Beachcomber is nie net ’n vakansie nie. Dit is ’n ervaring wat jy in jou hart saam huis toe neem. 💙

Kontak my gerus, dan help ek jou om die Beachcomber-oord te kies wat perfek by jóú vakansiedroom pas.

📞 Ansonette | The Travel Planner
WhatsApp: +27 82 569 6324
📧 [email protected]

Samantha Bronkhorst Arne Heunis Medgee Mungur Rasmus Elardus Celliers Ivone Vasconcelos

Ek’t niks minder verwag nie..Beachcomber is in ‘n klas van sy eie.
17/07/2026

Ek’t niks minder verwag nie..Beachcomber is in ‘n klas van sy eie.

Address

Potchefstroom

Telephone

+27825696324

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ansonette The Travel Planner posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ansonette The Travel Planner:

Shortcuts

Share

Category