17/07/2022
Raad vir suurlemoen bome
SUURLEMOEN BOME EN HUL SIEKTES
Die suurlemoen boom, soos alle sitrusvrugte, is ‘n boom wat hou van ‘n suur grond, waarvan die pH-waarde onder 6,5 is. Kliënte plant hul bome dus met suur kompos en minerale vir suur plante. En dan binne ‘n paar maande kom die peste kuier op die blare en sommige tuiniers vind dat hul geen vrugte kry binne die eerste 4 jaar nie. Dit word dan sommer as korrek aanvaar en gifstowwe word gebruik saam met engelse sout, maar die pes gaan voort.
Wat is dan die redes hiervoor?
1. As die suur kompos, wat jy koop in sakke in die kwekery, nie volledig afgebreek is nie, maar die boombas is nog herkenbaar, dan kan daardie kompos geen organismes of humus of minerale aan die plant beskikbaar stel nie. Dus is die aankope van die suur kompos verkeerd.
2. Indien die plant nie kan mineraliseer nie, sal insekte toeneem.
3. Die oormatige toediening van engelse sout gaan net die grond magnesium toksies maak, maar nie die probleem oplos nie.
4. Die insekte peste is daar met ‘n rede. Voordat die rede nie verwyder is nie, gaan die pes net terugkeer. Die rede is, die plant kry nie die basiese minerale opgeneem om lipiede in die blaar te vorm nie.
5. Dit is ook die rede hoekom die plant nie vrug vorm nie.
6. Grond sonder grond bedekking verhoed dat die suurlemoen enige vrug kan maak, want die fyn haarwortels is nou ontbloot in die son.
Wat is dan die regte metode om jou foute mee te korrigeer sodat ‘n gesonde boom met massa vrugte vanaf jaar 1 geoes kan word?
a) Gooi jaarliks ‘n graaf vol goeie fyn humusryke kompos rondom die boom se haarwortels. Dit is daardie wortels wat jou gaan help om vrugte te vorm.
b) Voed jou boom elke 3 maande met ‘n gebalanseerde mineraal mengsel waar die stikstof minder is as die fosfate en kalium.
c) Spuit die boom gereeld met spoor element blaarvoeding wat die insekte sal verhoed.
d) Gooi ‘n dik laag blaarmolm of strooi op die wortelstelsel, sodat die bogrond klam kan bly en nooit uitbak in die warm sonlig nie.
5) Bly weg van die suur kompos en die engelse sout pakkie.
Dit help nie tuiniers probeer net 1 punt van die bogenoemde raad volg nie. Elkeen van die 4 punte is noodsaaklik om die boom gesond te laat groei.