23/12/2016
Ons het vandag bietjie by Randfonteinse Oval Track Dam, gaan lyne natmaak. Sommer binne die eerste 10 minute het ons ons eerste byt gekry, die vis vasgekap en terwyl die vis nog aan die lyn was het die ander katrol ook geloop - n lekker "double up". Van daar af het ons n lekker tempo gehandhaaf.
Ons het gemerk dat die visse se bekke stukkend gevang is en ook dat die bekke en lippe baie sag is. Ons het ongelukkig 6 vis as gevolg daarvan verloor, maar het baie uitgebring. Oor die algemeen is die visse gesond en is hulle nie bang om lyn te vat nie!
Vir die wie belangstel om daarheen te gaan, los die 12ft stokke by die huis. Selfs die 10ft stokke is eintlik te veel as jy rug insit, maar met net n ligte "flick" met die 10ft stokke kon ons die visse aankeer.
Kostes beloop R50 per persoon wat hengel.
Ons het n Sweet Dreams (white chocolate) en Nutty Caramel met white fluoro degie, asook n geel Ally (almond) Muishond (garlic) en UFO (TCP) degie gemaak. Die vis het hierdie degies nie uitgelos nie.
Kombinasies op die bol was:
Nutty Caramel met Sweet Dreams
Met die wit degie op die hoeke
Zoem (heuning) X-Tra (duiwelsdrek) en 2 druppels UFO (TCP)
met die geel degie op die hoeke
In die middel van die dag het die visse nogal gehou van
Muishond (garlik) op die bol met net 1 large soft bleeding floaty (muishond - garlic) op elke hoek.
Hier is n paar foto's van vis wat ons uitgebring het!
Stywe lyne vir julle!