Uit-Eindelik is 'n bekoorlike selfsorghuis in die kusdorpie Reebok in Mosselbaai en bied gerieflike vakansieverblyf wat ideaal is vir gesinne of groepe vriende. Daar is 'n battery-kragstelsel geïnstaleer om die impak van beurtkrag soveel moontlik te beperk. Uit-Eindelik 1 is op die boonste verdieping en bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het '
n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet het. Op die boonste verdieping is daar 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die sitarea waar daar gemaklike sitplek en 'n TV is. Die kuierarea het 'n lieflike etenstafel, braaigeriewe en 'n see-uitsig in die agtergrond. Uit-Eindelik 2 is onder en bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste het toegang tot gratis WiFi. Die kuierarea het 'n etenstafel met 'n gasbraai. Hier kan gaste die see-uitsig geniet.