Grysboklaan Reebok

Grysboklaan Reebok Selfsorg vakansiewoonstel in Reebok op die eerste vloer. Twee dubbelkamers, elk met en suite badkamer (stort, toilet en wasbak). Woonvertrek met Dstv, Wifi.

Seeuitsig. Kombuisie met opwasbak, mikrogolfoond, ketel, elektriese braaipan en kroegyskas.

In As drome Waar Word (voorheen as hardeband Vang vir my 'n Droom) is Anina Cordier versot op die see en seelewe. Sy het...
16/04/2023

In As drome Waar Word (voorheen as hardeband Vang vir my 'n Droom) is Anina Cordier versot op die see en seelewe. Sy het 'n besonderse 'konneksie' met dolfyne en gebruik as sielkundige dolfynondersteunde terapie vir die behandeling van kinders met fobies. Dolfyne speel in die res van die storie ook 'n groot rol, onder andere toe Anina in 'n lewensgevaarlike situasie beland....

In As drome Waar Word (voorheen as hardeband Vang vir my ‘n Droom) is Anina Cordier versot op die see en seelewe. Sy het ‘n besonderse ‘konneksie’ met dolfyne en gebruik as …

Wanneer die lewe ondraaglik raak en die uitkoms lyk onmoontlik ver, maak jy 'n plan - al is dit vermoedelik jou onderbew...
12/08/2022

Wanneer die lewe ondraaglik raak en die uitkoms lyk onmoontlik ver, maak jy 'n plan - al is dit vermoedelik jou onderbewuste wat die uitkoms vind - en jy kry koers na 'n fantasiewêreld. Of is dit die werklikheid? Dis Améli se storie. 'n Fantasie? 'n Werklikheidsfantasie? Of 'n fantasiewerklikheid? Of eenvoudig liefde wat universeel is in enige taal, tyd of era....

Wanneer die lewe ondraaglik raak en die uitkoms lyk onmoontlik ver, maak jy ‘n plan – al is dit vermoedelik jou onderbewuste wat die uitkoms vind – en jy kry koers na ‘n fan…

'n Kort proe-stukkie uit ROOIGETY: Onrus roer in Daleen, veral toe tant Salie se hand om haar arm vou. “Kyk.” Die fluist...
31/05/2022

'n Kort proe-stukkie uit ROOIGETY: Onrus roer in Daleen, veral toe tant Salie se hand om haar arm vou. “Kyk.” Die fluistering is skaars hoorbaar en die tante se skraal wysvinger bewe. Op die rand van die krans het die skare oopgemaak. ’n Enorme rotsblok is nou sigbaar. In ’n halfsirkel voor die rots staan die mans in tradisionele drag soos ’n erewag....

‘n Kort proe-stukkie uit ROOIGETY: Onrus roer in Daleen, veral toe tant Salie se hand om haar arm vou. “Kyk.” Die fluistering is skaars hoorbaar en die tante se skraal wysvinger bewe. Op die …

Ja, ja, ja, ek weet ek het al in 2019 gesê ek is besig met 'n storie wat Pieter Taljaardt se speurreis van Bloedspoor af...
30/05/2022

Ja, ja, ja, ek weet ek het al in 2019 gesê ek is besig met 'n storie wat Pieter Taljaardt se speurreis van Bloedspoor af, deur Kringloop tot in 'n nuwe misdaad sal voltooi, maar toe gebeur Covid. En lockdown. En breindood tree in. Boonop het Pieter en Analeen se storie, soos berig op 12 Julie 2019, wel begin, maar uit die staanspoor in gevaarlike vaarwater beland net ná dit te water gelaat is....

Ja, ja, ja, ek weet ek het al in 2019 gesê ek is besig met ‘n storie wat Pieter Taljaardt se speurreis van Bloedspoor af, deur Kringloop tot in ‘n nuwe misdaad sal voltooi, maar toe geb…

Julle sal my nie glo nie, maar die skryfproses van hierdie storie het soveel onwaarskynlike toevallighede beleef dat dit...
15/04/2022

Julle sal my nie glo nie, maar die skryfproses van hierdie storie het soveel onwaarskynlike toevallighede beleef dat dit eintlik scary is. Ek meen: as 'n storie in jou kop begin met Dooierus as die moontlike titel en hy loop soveel draaie dat hy by Rooigety (wat niks met alge te doen het nie) eindig, dan moet jy weet hier kom 'n ding....

Julle sal my nie glo nie, maar die skryfproses van hierdie storie het soveel onwaarskynlike toevallighede beleef dat dit eintlik scary is. Ek meen: as ‘n storie in jou kop begin met Dooierus …

Besprekings vir verblyf gedurende die Aprilvakansie is nou oop. Vir pryse, sien die Facebookblad van Grysboklaan Reebok.
15/02/2022

Besprekings vir verblyf gedurende die Aprilvakansie is nou oop. Vir pryse, sien die Facebookblad van Grysboklaan Reebok.

Mag julle dit vandag en elke dag van die komende 2022 onthou, dit oorvertel en die vreugde daarvan herbeleef. Mag hierdi...
25/12/2021

Mag julle dit vandag en elke dag van die komende 2022 onthou, dit oorvertel en die vreugde daarvan herbeleef. Mag hierdie Christusfees vir julle elkeen in Sy helder Lig uitstaan. En wanneer die Kersboomliggies afgeskakel en die blinkertjies weggepak word, mag Sy Lig julle elke dag en deur jul donkerste tye dra sodat Sy Vrede in julle lêplek kry. Geseënde Kersfees.

Mag julle dit vandag en elke dag van die komende 2022 onthou, dit oorvertel en die vreugde daarvan herbeleef. Mag hierdie Christusfees vir julle elkeen in Sy helder Lig uitstaan. En wanneer die Ker…

Terwyl ek in vrees en bewing wag op die keurders se reaksie op ROOIGETY, het ek een van my ou hardebande wat nie voorhee...
21/04/2021

Terwyl ek in vrees en bewing wag op die keurders se reaksie op ROOIGETY, het ek een van my ou hardebande wat nie voorheen as e-boek beskikbaar was nie, hersien, redigeer en getik. Dis pas vanmiddag op KDP ingestuur en behoort teen Saterdag as e-boek op Amazon beskikbaar te wees. ENA SE GEHEIM is voorheen deur LAPA as hardeband uitgegee onder die titel FOKUS OP DIE LIEFDE....

Terwyl ek in vrees en bewing wag op die keurders se reaksie op ROOIGETY, het ek een van my ou hardebande wat nie voorheen as e-boek beskikbaar was nie, hersien, redigeer en getik. Dis pas vanmiddag…

As jy dalk gewonder het oor my lang skrywerstilswye: Dis alles Covid se skuld 🙂 Al het die virus my tot nou toe vermy, h...
19/03/2021

As jy dalk gewonder het oor my lang skrywerstilswye: Dis alles Covid se skuld 🙂 Al het die virus my tot nou toe vermy, het die atmosfeer en die onnatuurlike omstandighede (wie sou ooit 2 jaar gelede geglo het ons sou in 2020-2021 met maskers winkel toe gaan) my lees- en skryflus doodgesmoor. Wie kan met 'n boek ontspan waarin die karakters vrylik rondbeweeg, drukkies uitdeel en selfs vurig soen, as jou eie oë en nuusbeelde op TV 'n totaal ander werklikheid aan jou opdis?...

As jy dalk gewonder het oor my lang skrywerstilswye: Dis alles Covid se skuld :) Al het die virus my tot nou toe vermy, het die atmosfeer en die onnatuurlike omstandighede (wie sou ooit 2 jaar gele…

Ek ken iemand met superkragte. Of eerder een spesifieke superkrag of vermoë. 'n Regte egte superheld met 'n regte egte v...
27/10/2020

Ek ken iemand met superkragte. Of eerder een spesifieke superkrag of vermoë. 'n Regte egte superheld met 'n regte egte vermoë, nie sommer 'n speel-speel ene soos x-straaloë of spierkrag of longe wat 'n tornado kan optower nie. Nee, hierdie persoon, kom ons noem haar/hom sommer Z vir sy/haar eie veiligheid, bestaan wel en almal wat Z ken, kan daarvan getuig. [ 237 more words ]

Ek ken iemand met superkragte. Of eerder een spesifieke superkrag of vermoë. ‘n Regte egte superheld met ‘n regte egte vermoë, nie sommer ‘n speel-speel ene soos x-straaloë of spi…

Liewe lesers Hier op dag 125 van inperking plaas ek weer hierdie boodskappie, net ingeval jou gemoed ná vier maande moed...
29/07/2020

Liewe lesers Hier op dag 125 van inperking plaas ek weer hierdie boodskappie, net ingeval jou gemoed ná vier maande moedeloos raak met die situasie: GRENDELTYD is wel nie meer die nuutste woord in ons woordeskat nie, maar ongelukkig is daar nog min verandering in die status quo. Hierdie begrip is geskep vir ons 'nuwe' werklikheid, tog voel alles juis ONwerklik en ná 4 maande ook nie meer nuut nie. [ 257 more words ]

Liewe lesers Hier op dag 125 van inperking plaas ek weer hierdie boodskappie, net ingeval jou gemoed ná vier maande moedeloos raak met die situasie: GRENDELTYD is wel nie meer die nuutste woord in …

Die ou jaar lê op sy rug, 'n jaar tot satwordenstoe vol geweld en aaklighede, maar ook 'n jaar boordensvol goue oomblikk...
30/12/2019

Die ou jaar lê op sy rug, 'n jaar tot satwordenstoe vol geweld en aaklighede, maar ook 'n jaar boordensvol goue oomblikke van omgee en mededeelsaamheid. Wat wens mens jou naastes en dierbares toe op die vooraand van 'n nuwe jaar? Geloof, hoop en liefde? Vir seker. Veral genoeg liefde om met ander te deel en nog verder uit te deel, omdat dit die allerbeste genadegawe is? [ 173 more words ]

Die ou jaar lê op sy rug, ‘n jaar tot satwordenstoe vol geweld en aaklighede, maar ook ‘n jaar boordensvol goue oomblikke van omgee en mededeelsaamheid. Wat wens mens jou naastes en die…

Address

Reebok

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Grysboklaan Reebok posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share