19/07/2025
Met n besige werkskedule en n jaar wat soos die spoed van wit lig by ons verby skiet, hang my ou karre ry lus al op die grond.
Ons groep is nie baie gemotiveerd die jaar nie en sekerlik ook maar baie besig.
Ek ervaar die gesegde dat "ou karre staan en breek" eerstehands en my go-to-man Johan Potgieter staan altyd reg met telefoniese raad om die ou tjorre aan die ry te kry. Ek blaai die oues deur....die grys 510 Coupe sukkel om rat te vang, die wit 160u Coupe het ewe skielik n oorverhittings probleem, die blou GX trek soos n jet maar wil nie rem nie, die geel SR5 Coupe het n olie lek....die lys gaan aan...ek besluit uiteindelik om die SR5 te ry.
Planne word gemaak,slegs 2 belangstellendes, dit is hoekom ons dit ?....gedoop het.
Die Potgieters ry van Pretoria af en die Burgers van Mooinooi af,maar ry word daar gery!!!
Ons besluit om mekaar in Harties te ontmoet vir n lang verdiende saam kuier.....feeste soos gewoonlik!!!
Johan deel dat ook slegs helfte van sy vloot rybaar is,iets wat ek nie ken nie,sy karre is gewoonlik tip top kondisie....ek skryf dit ook toe aan die feit dat die tjorre nie wil staan nie....hulle soek die lang kronkel paaie!!!!
Die vrouens gaar inligting op,gelukkig word dit gedoen onder supervisie soos wat my vriend Piet van Dyk sal sĂȘ.....
Ons smul heerlik aan al die lekkernye(soos gewoonlik)wat bedien word. Ons besluit om Hart Mark ook te besoek,waar ons lekker lag vir Johan se spier-paleis en Poppie se Pamela Andreson voorskote.... Ons geniet n nagereg hier en besluit om die pad na ons tuistes toe te vat.
Dit is egter nie net maanskyn en rose nie....die SR5 begin hoes en proes(sulke dinge laat my verwagtinge verbrokkel in die skadu van my spieelbeeld),ek laat weet vir Johan ons staan, hy draai om om te kom help(dit is hoe ons groep werk)....terwyl ons wag,trek Wilna Knoesen en ander Johan(die "following the roadtrip"crew)agter ons in. Ek begin met foutsporing en vind die oorsaak van die hoes en proes geite, die SR5 se petrolpompie het los vibreer.....al drie my ou tjor gereedskapkussies staan mooi in n ry op aandag....maar by die huis!!!
Ek maak die pompie met my paar klein handjies vas,maar kry hom nie vas genoeg nie,gelukkig vir n verdwaalde "vice grip" onder Henryett se sitplek word die pomp vas getrek en die SR klink weer soos n pitbull op steroids.....ons groet vir Johan en Poppie weer en word begelei deur Wilna en ander Johan tot by die huis.
Die SR hardloop soos n geoliede masjien en bring ons veilig tuis. Nog n wonderlike ervaring saam met ons hartsvriende,nog n herrinnering vir die fotokamers van die hart. Wat n voorreg om die togte en ervaringe met vriende te kan deel!!! Soos ek altyd se....kry n ou tjor en kom deel in die lekker pret!!!!Blessings!!!