21/12/2016
Drie wegwysers geplant en nog twee voor donker. Die eerste foto wys die tweede een by Petigrews se nek tussen Kaapmuiden en Lows Creek op die pad na Barberton. Op die ander foto is die vervanging van die wegwyser op die R40 tussen Witrivier en Hazyview bokant die Klipkoppiedam. Die oorspronklike baken het in die jare negentig weggeraak. Hier staan dr. Gerrit Haarhoff, die projekleier by sy goeie beplanning en handewerk.
Hou die oë oop met die volgende verby ry en groet vir Jock