Pelgrimstog van Hoop

Directions Website

Pelgrimstog van Hoop Die Pelgrimstog van Hoop is 'n netwerk van stap roetes wat almal lei na Kaap Agulhas die mees suidelike punt van Afrika. www.hopecamino.co.za

The Pilgrimage of Hope is a network of routes that leads to Cape Agulhas the most southern point of Africa. Die Pelgrimstog van Hoop is pelgrimroete wat die oudste kerke van ons land besoek. Die roete kan gevolg word vanaf Stellenbosch of Robertson en loop deur die Overberg tot by Agulhas aan die Suidpunt van Afrika. Pelgrims kan ook korter dele stap. Skryf in by [email protected]. Daar is ook 'n boek - gedruk en in pdf formaat - beskikbaar, die Overberg Pelgrimstog van Hoop (Overberg Pilgrimage of Hope) wat ‘n volledige gids is vir persone en groepe wat oorweeg om hierdie Pelgrimstog te stap. Dit is geskryf deur Adrienne Bester en Frederick Marais wat deel was van die eerste groep wat die roete gestap het. Die roete neem jou deur van die mooiste dele in ons land – onder meer Greyton, Genadendal, die Hemel-en-Aardevallei, Walkerbaai en Baardskeerdersbos. Die roete volg ook die geskiedenis van die land en loop deur ou sendingstasies soos Genadendal en Elim met hul uitsonderlike verhale en argitektuur. Die gids verduidelik wat ‘n pelgrimstog behels en hoe dit as ‘n geestelike dissipline beoefen kan word. Daarna volg volledige inligting oor die voorbereiding vir die tog, die verkryging van permitte en wat die koste behels. Daar is ook ‘n afdeling oor die geestelike dissiplines wat op die tog beoefen kan word. Daarna volg ‘n dag-vir-dag roetebeskrywing met GPS-merkers wat met Google Maps versoenbaar is. Dit sluit in nuttige pelgrimsinligting oor die dorpe en die beskikbaarheid van winkels en apteke langs die pad, en die kontakbesonderhede vir oornagherberge en eetplekke. Met hierdie gids kan enige groep sonder moeite hul eie stap op die Overberg Pelgrimstog van Hoop beplan. Die gids is in gedrukte sowel as elektroniese formaat (PDF) en in Afrikaans en Engels beskikbaar. Die gedrukte handleiding is ontwerp om maklik in ‘n rugsak of reënbaadjie se sak te pas. Dit is ook in PDF-formaat vir selfone en tablette beskikbaar. Gedrukte kopieë van die boek kan by [email protected] bestel word @ R120,00 per kopie. Dui ook in die e-pos aan of die handleiding gepos (R45) of gekoerier moet word (R99). Die bankbesonderhede vir elektroniese oorbetaling sal per e-pos aangestuur word. Vir meer inligting kontak Adrienne Bester by [email protected] of 021 808 3382 tydens kantoorure.

Dr Yolande Steenkamp from the Hugenote Kollege recently held a fascinating lecture at the ISM University of Management a...
07/10/2026

Dr Yolande Steenkamp from the Hugenote Kollege recently held a fascinating lecture at the ISM University of Management and Economics (Tarptautinis ISM Vadybos ir ekonomikos universitetas) in Lithuania.

Dr Steenkamp was part of the scouting group that walked the Via Baviaans. In her lecture, she focused on the unique relational economy developed by the Pilgrimage of Hope Camino platform.

It is an economy that does not begin with supply and demand, but with the building of local networks and relationships within which economic activity flourishes sustainably.

Thank you Dr Steenkamp for sharing our passion and vision with the world.

Asemrowend mooi - dit verwoord telkens iets van my ervaring en verwondering as ek 'n entjie met pelgrims op die Ligtorin...
07/10/2026

Asemrowend mooi - dit verwoord telkens iets van my ervaring en verwondering as ek 'n entjie met pelgrims op die Ligtoring roete stap. Effe meer uitdagend, maar die moeite werd!

06/10/2026
Koop 1 & kry 1 gratis! Hier is jou kans om die laaste 7 dae van die Tuinroete te kom stap saam met 'n vriend of geliefde...
02/10/2026

Koop 1 & kry 1 gratis!

Hier is jou kans om die laaste 7 dae van die Tuinroete te kom stap saam met 'n vriend of geliefde. Boek jou plek voor die bussie verlaat!

Julle spring Vrydag 23 Oktober weg in Heimersrivier en eindig Donderdag 29 Oktober in Mosselbaai. Perfekte tyd van die jaar om te stap want die temperatuur is net reg!

Kontak Marlene by [email protected] of 076 423 3727 om te bespreek.

Die Ligtoring pelgrimstog loop deur die plase en Duineveld natuurskoon en langs die pragtige Karsrivier oppad na Nachwac...
02/10/2026

Die Ligtoring pelgrimstog loop deur die plase en Duineveld natuurskoon en langs die pragtige Karsrivier oppad na Nachwacht en De Mond. Kyk asb na die "Ikwezi Savetheoverberg" projek. As jy 'n pelgrim op die roete was, sal jy weet hoe NB dit is om te klik, te registreer en deel te neem aan die bewaring vd erfenis.

We call on pilgrims to look at the "Ikwezi savetheoverberg" project and to please take part.

Ikwezi Mining Ventures has applied for a Prospecting Right to search for limestone across almost 4 720 hectares outside Bredasdorp. The application area

Dis altyd lekker om 'n klomp jong studente op die roete te hê.Hierdie vrolike en dinamiese groep pelgrims stap die laast...
29/09/2026

Dis altyd lekker om 'n klomp jong studente op die roete te hê.

Hierdie vrolike en dinamiese groep pelgrims stap die laaste 7 dae van Heimersrivier tot by Mosselbaai.

Elkeen dra sy eie rugsak en waardeer elke stappie wat hulle neem op die Tuinroete Camino.

Address

Stellenbosch
7599

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pelgrimstog van Hoop posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category