12/09/2026
Saterdag 5 Augustus het 24 van ons 'n wonderlike staproete meegemaak op Mooiplaas wynlandgoed, saam met Mariella.
Onder leiding van die eienaar, Tielman Roos, het ons 'n studie in fauna en flora van die renosterbos omgewing gekry, terwyl ons ons 'n warm, windstil dag op die plaas gestap het. Tielman is voorwaar 'n bron vol kennis en geskiedenis. Die wyn-proe het geroep teen die einde van die stap. Voorwaar 'n roete wat hoogs aanbeveel kan word.