
25/04/2025
Kom kuier bietjie in die mooie Stilbaai waar ons nie genoeg kan kry van die natuurskoon, die kronkel van die Goukou, die kom en gaan van die branders,fynbos eie aan die streek, restaurante en koffiewinkels wat nie hoef terug te staan vir die stad s'n nie. Hier swem ons, kajak, draf, stap, braai en kuier ons van vroeg tot laat. Ons sien die Slapende Skoonheid in die verte, hoor die branders en kinderstemme. Hier lê spore op die strand, wag vissermanne geduldig, bote kom en gaan, geluide op die hawe, gelag en gekuier by die Brugmark. 11 Uur soggens wag die palings vir hul lewertjies, groet ons ons bure, deel ons met mekaar,kuier ons, gee ons om. Dit is Stilbaai!
Kontak SitteRus Selfsorg gerus vir verblyf.
www.sitterus-stilbaai.co.za