19/02/2023
Ek het al heelweek ‘n vraag op my hart. En ek wil dit vanoggend vra. Ek hoop dat KUNSTENAARS van Suid Afrika ook hier sal comment. En as jy my wil KRUISIG, KRUISIG my!
So word Steve Hofmeyr van ‘n boot afgeskop oor hy glo rassisties is. Nou ek het al baie saam hom in sy geselsskap gewees. Veral in die Kaap, en as ek sien hoe die ander kleur mense(ek haat die woord kleur mense) hom hier love en hoe hy saam hulle foto’s neem en gesels en selfs drukkies uitdeel dan wonder ek oor hierdie MSC. Sien die taal monument is reeds net vir my ‘n p**l. So die taal monument pla my nie so baie. Maar hoeveel jare het einste Steve hulle bote vir hulle stampvol gemaak. En ek mik nie op Bobby nie, want ek like hom, hy is talentvol en awesome,maar niemand kan Steve wees.
Enige groot fees organiser gaan dit vir jou sê, hulle bel eers om te hoor of Steve beskikbaar is. Dis amper soos toe Naas vir die Bulle gespeel het, jy kies Naas om te wen. So kies elke fees Steve eers want dan wen hulle. Maar hier kom my vraag aan ander afrikaanse sangers, hoekom steek julle nie ‘n slag julle nekke uit vir een wat nog altyd sy nek uit gesteek het vir julle. Hoeveel van julle het sang kompetisies gewen met songs soos agter elke man? Hoeveel van julle smeek nie organiseerders om voor Steve te kan sing nie om net te kan sê julle het voor Steve gesing en oom dan weet julle is die fees op maksimum kapasiteit. Ek weet dit. Want ek reël self feeste en kry altyd daai vraag. Hoekom staan julle nie ‘n slag op nie.
Ek word nie betaal om die te skryf. Ek weet net boe baie Steve al gehelp het sodat ons boere kan help, en daar is nooit n prys nie. Ek weet hoeveel gestremde kinders hy help van alle rasse, ek weet hoeveel mense hy help van alle rasse, ek weet baie meer as wat JY weet!
En vir die wat Steve nie ken, leer ken sy hart. Hy is maar net volgens my ‘n baie trotse afrikaans sprekende sanger, hy is nie ‘n legende nie, legendes is mense wat dood is al, so dus gaan hy nog ‘n legende wees. Ek kan boeke skryf oor Steve, en daai boeke sal baie oë oopmaak…
Steve sê baie goed wat baie mense om braaivleisvure sê as hulle braai in afrikaans, maar last hulle by daai braai wegstap is dit asof hulle by ‘n swaaibraai was, almal se lippe is geseël. Steve sê dit, hy bly nie stil.
Dis die lewe. Ons kan nie van almal hou nie. Maar ek moet sê na Steve van die boot afgegooi is het 100de gebel om hom dadelik weer te boek, want dis maar eenkeer so, nou kan hulle met Steve op hulle poster skitter. Dankie aan die mense wat Steve boek. O en as jy die naweek by Riversdal Skou - Eg Plattelands is, gaan maak geraas saam Steve, en as jy 1 April by die grootste Heidelberg Pampoenfees is kom luister waaroor Pampoen regtig gaan…
O en dis nie Steve op die foto nie, dis een van die enigste sangers wat ek ken wat al sy optrede gekansseleer het toe Steve gecancel is. Well done Manie Jackson… Ek wonder of die Hollander al vir Elana Barkhuizen jammer gesê het met haar mooi hart.