02/09/2026
KOEKEMAKRANKA PLAASKOMBUIS – GESLUIT VIR DIE SEISOEN 🌿
Ons het ons deure vir die seisoen gesluit. ❤️
’n Reuse DANKIE aan elkeen wat ons hierdie seisoen ondersteun het, by ons kom kuier het, ’n koppie koffie geniet het, lekker geëet het en deel geword het van die Koekemakranka Plaaskombuis-familie. 🥰
Julle ondersteuning, liefde en mooi woorde beteken vir ons ongelooflik baie. 🌸
Ons sien uit om julle weer volgende seisoen te verwelkom vir heerlike kos, vars gebak en ’n stukkie plaaslewe. 🍰☕
Tot volgende keer!
Met liefde, Ancarene