My West Coast

My West Coast My West Coast is an initiative to celebrate the sights, sounds and ambience of the Cape West Coast,

Historic West Coast...
04/09/2025

Historic West Coast...

Net so neffens die hoofroete Tussen Vredenburg en Saldanha, in die skaduwee van die blinknuwe Stoneridge en op die soom van die West Coast Mall, lê hy. Inteendeel, troon hy uit oor die landskap. Vir eeue reeds is die sogenaamde Jesus-klip (soos hy deeesdae in die volksmond bekend staan), die stille getuie van die kom-en-gaan van mense, hulle pogings onm die oergrond mak te maak, en uiteindelik die nuwe sooie vir die ewig-uitbreiende, toekoms-gerigte en dikwels ook, destruktiewe beskawing te spit.
Tenspyte van sy prominensie is daar by die meeste Weskussers weinig vrae oor die bekende baken. So af en toe wanneer dit onder ’n vandale-hand deurloop sal dit aandag trek en sal sommige mense, al spoeg-spattend, hulle ongelukkigheid met die plaaslike owerjede of ’n gesiglose ander potensiele beskermer se afsydigheid te kenne gee. Oombliklik, sonder om werklik waar enigeverdere aksie te neem ter beskerming daarvan te neem.
Vir eeue reeds dien hierdie prominente rots, as ’n belangrike baken vir hulle wat nuut hier aankom. Historiese skrifte dui daarop dat die eerste Europese aankomelinge in die Hoedjiesbaai, sonder uitsondering, hierdie einste rots as eerste baken in hulle soektog na vars drinkwater in ’n andersins brak en droё landskap gebruik het. In hierdie verband kan die pogings van die ghwanoskrapers wat in die Hoedjiesbaai geanker het gedurende die 1840’s, asook ook die bemanning van die CSS Alabama in 1863 as voorbeelde voorgehou word.
Dit is verder ook meer as waarskynlik dat, gegewe die onbelemeerde uitsig wat die rots in die rigting van die baai bied, dat die einste klip en sy grotte honderde jare gelede nie net as ’n rusplek maar ook as ’n natuurlike uitkykpunt vir die Khoi en die San hier te lande gedien het. Argelogiese bewyse van Khoi-aktiwiteite en die oorblysels van tradisionele verblyf, sterfte en visvang en jag aktiwiteite is die wereld vol. Somtyds tot groot ongemak van sommige nuwe intrekkers wat eerder die blou see, witstrande en ’n welkome drink-dingetijie teen sonorder asook ’n onversteurde landskap sonder ’n diep storie van pyn, ontheemding, en verstoting verkies.
Die ‘Jesusklip’ se verdere aanspraak op historiese prominensie en as ’n getuie van groot tye, word verder versterk deur fotografiese getuienis dat dit naas die nabygelee plaas Oorlogsvlei in Saldanha, ook ‘n rol gespeel het in die Anglo-Boere /Suid Afrikaanse Oorlog (1899 -1902). ’n Onlangse foto op die sosiale platform, Facebook, suggererer dat die strategiese plasing van die rots nie net ’n bruikbare uitkykpunt in alle rigtings gebied het nie, maar ook klaarblyklik as natuurlike fortifikasie en as kampplek vir Britse troepe in die onmiddelike gedien het. Hierdie gegewe, jammerlik, het nie eers die munisipale erfenis opname en databasis gehaal nie.
Vredenburg se bekendste rots, het oor die jare ook sy eie bydrae tot die trane en hartseer van die omliggende gemeenskap gemaak. Berigte van kinders aangetrek deur die alomteenwoordige rotsformasie wat in skeure beland het, het verder tot die verhaal van die ruimte bygedra. Gesamentlik het hierdie gebeure dus ’n situasie geskep en daartoe bygedra dat hierdie kollosl op die Weskus-landskap meer as bloot ’n onbetekenisvolle natuurlike formasie is. Die sogenaamde Jesus-klip is inderdaad ’n historiese baken en betekenisvolle landmerk waar historiese gemeenskappe ontmoet en hulle eiesoortige merk gelaat het. Die rots behoort dus met groter respek deur almal – ingeslote die munisipale en ander regeringsowerhede, grondeienaars, en ontwikkelaars – behandel word. Ons sien uit daarna om die omgewing daar rondom ontwikkel te sien as ’n histories-betekenisvolle ruimte. Dit moet ’n ruimte te word vir beide argelogiese navorsing en ’n besliste viering van almal se gemeenskaplike erfenis. Vraag is: sien ons kans daarvoor?

Dwarskersbos, South Africa
07/12/2023

Dwarskersbos, South Africa

Redelinghuys, South Africa
27/11/2023

Redelinghuys, South Africa

Aurora / "New Dawn"
27/11/2023

Aurora / "New Dawn"

Goedverwacht/ Good Expectations
25/11/2023

Goedverwacht/ Good Expectations

Wittewater..
21/11/2023

Wittewater..

Aurora South Africa
13/08/2023

Aurora South Africa

Say nothing more...
21/07/2023

Say nothing more...

Clanwilliam
20/07/2023

Clanwilliam

Like and share our wonderful stories with your friends.

Flowers for Africa..
16/07/2023

Flowers for Africa..

Address

12 East Street
Velddrif
7365

Telephone

+27227831648

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when My West Coast posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category