Langeberg Bus Diens

Langeberg Bus Diens Daaglikse vervoer vanaf Mosselbaai/George na Kaapstad asook Vrydag en Sondag vanaf Mosselbaai na Port Elizabeth

01/01/2025

STAATMAKER

Ons het nou al die koesister en die donkie, op Orania en Upington onderskeidelik, met ’n standbeeld vereer. Hoekom is daar nog nie een vir die toebroodjie nie?
Ek praat nie van hierdie gedoentes wat in die glaskas in die garagewinkel vir jou lê en grynslag nie, swaar gelaai met kruieblare en pretensie. Ek praat van jou goeie ou Christelik-Nasionale-toebroodjie, een wat jy vir jouself kan maak.
Trouens, dit kan terapeuties wees om vir jouself ’n toebroodjie te maak.
Daar staan jy vol donker gedagtes by die kas in die kombuis, asof dit ’n altaar is. Voor jou lê twee dik snye brood op die broodplank. Skaapwagtersnye, soos oorlede Ma dit genoem het.
Nou smeer jy elke sny met botter. Niks se ge-margarien nie. Botter.
Dan moet jy besluit wat jy op jou broodjie wil hê. Ek bederf myself graag met ’n tamatie-en-kaas-broodjie as ek die dag afferig voel. Jou kaas-en-tamatie-broodjie is die Eben Etzebeth van toebroodjies. ’n Staatmaker deur donker en lig.
Miskien moet hierdie monument vir die toebroodjie iewers in die Karoo langs die N1 opgerig word, want wat is padkos sonder ’n kaas-en-tamatiebroodjie? Dit is nou as jy aan die evangelie van padkos glo.
’n Kaas-en-tamatie-broodjie wat ’n paar ure in ’n Tupperware-bak op die langpad deurgebring het, is die gaaafste. Hy is dan so net duskant suur, soos die lewe self soms is.
En wie het nog nie ’n grondboontjiebotter-en-stroop broodjie geëet en weer 12 jaar oud en onskuldig gevoel nie?
Vir my is dít die wonder van ’n toebroodjie: Twee uiterstes raak versoen tussen twee snye brood. Sout en soet. Grondboontjiebotter en stroop.
Of wat van ’n toebroodjie met polonie en soetmostert daarop? Dit is een van my vroegste herinneringe. Ma wat vir my só ’n broodjie maak en ek wat dit op die agterdeur se trappe sit en eet terwyl oom Dries, die buurman, se resiesduiwe in kringe oor die huise se dakkke duik en vlieg en duik en vlieg.
Twee snye brood gee waardigheid aan polonie, wat maar ’n verdagte dis is. Daar is iets zen-agtig in die manier waarop ek ’n polonie-en-soetmostert-toebroodjie maak en eet. Ek probeer aan niks d**k wanneer ek dit eet nie, veral nie aan al die donkies wat al polonie geword het nie. Ja, en dit moet soetmostert wees.
Party mense leef hul gastronomiese fantasië op ’n toebroodjie uit. Soos een van my vriende wat eers bruinsuiker op sy broodjie strooi en daarna ’n dik laag tamatiesous daarop uitgiet.
En wat is liefliker as jou beminde wat vir jou ’n toebroodjie maak, een met avokado op, en growwe peper en liefde daarop? Julle ry iewers tussen Parys en Winburg en sy gee jou broodjie vir jou aan en na Bloemfontein se kant toe hang die vogstreep van ’n vliegtuig in die lug en dit voel nie meer vir jou of jy soos Gert Vlok Nel in 1975 laas gelukkig was nie.
'n Toebroodjie kan ook troos bring, ja. Wat is 'n begrafnis sonder 'n begrafnis-broodjie, ook bekend as 'n reenboogbroodjie?
Net soos ’n bepaalde liedjie sekere herinnerige in my kan losmaak, net so is dit met ’n bepaalde toebroodjie wat ek op ’n bepaalde tyd geëet het.
Is dit nie ook hoekom dit so gepas is dat brood saam met die wyn tydens ’n Nagmaalsviering geëet word nie?

(Dankie aan almal wat my 'n voorspoedige 2024 toegewens het. Ek waardeer. Ek is steeds nie op 'n foon belbaar nie. Behoort more weer terug op die lug te wees. Dankie-dankie.)

05/09/2024
05/09/2024

Matrieks.. ons vervoer julle na Mosselbaai en Plettenbergbaai en weer terug... Betroubare vervoer... Langeberg Busdiens 0794933838

23/08/2024

Matrieks 2024 !! Ons vervoer julle na Mosselbaai en Plettenbergbaai en weer terug... Veilige en betroubare busdiens Langeberg Busdiens 0794933838

Address

Langeberg Mall
Voorbaai
6520

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Langeberg Bus Diens posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Langeberg Bus Diens:

Share

Category