Kwando Adventures

Kwando Adventures Everyone dies, but not everyone lives. We are here to host you and your family on an unforgettable e
(1)

Lekkerste lekker. Die Karoo Namakwa Blomme en Weskus toer was weer een vir die boeke. Kronkel paaie. Uitdagende passe, d...
08/09/2026

Lekkerste lekker. Die Karoo Namakwa Blomme en Weskus toer was weer een vir die boeke. Kronkel paaie. Uitdagende passe, diep sand.

Blommetjies. Al was hul die jaar maar skraps. Mooiste kamp plekke, vars see lug. Seekos. Te veel om te noem.

Baie memories is gemaak. Baie gelag. En nuwe en ou vriende weer gesien!

Tot volgende keer!

ANGOLA Avontuur 2027           2 - 21 Mei Besprekings nou oop vir die wonderlike roete. Plekke beperk.Reis deur die afge...
05/09/2026

ANGOLA Avontuur 2027
2 - 21 Mei

Besprekings nou oop vir die wonderlike roete. Plekke beperk.

Reis deur die afgeleë Kuando Kubango provinsie en “wild camp” in die bos. Besoek Pedras Negras en Calandula valle.
Deur Luanda al met die kus verby Lobito en Flamingo na Leba pass en terug deur Ruacana. Pure avontuur!

Laat weet of jy saamry deur whatsup 0662557547 of [email protected]

Zimbabwe in sy glorie, lekker kuier, lekker gesels en lag, wonderlike natuur en die lekker groot kampvure. Dit is wat jo...
03/09/2026

Zimbabwe in sy glorie, lekker kuier, lekker gesels en lag, wonderlike natuur en die lekker groot kampvure. Dit is wat jou hart begeer om te deel.

Kwando Oppipanne toer.  En n Kwando troue. By OppiPanne!!!  Ons het lekker gelag.  N traan gepik. Gedans en vasgesit. Ma...
16/08/2026

Kwando Oppipanne toer. En n Kwando troue. By OppiPanne!!!

Ons het lekker gelag. N traan gepik. Gedans en vasgesit. Maar ons het ongelooflike memories gemaak die hele roete deur!!! Tot volgende jaar!

🌅 ‘n Onvergeetlike Zimbabwe-avontuur! 🐘✨Daar is niks soos om ongelooflike oomblikke met wonderlike vriende in die hartji...
13/08/2026

🌅 ‘n Onvergeetlike Zimbabwe-avontuur! 🐘✨
Daar is niks soos om ongelooflike oomblikke met wonderlike vriende in die hartjie van die natuur te deel nie. Van asemrowende sonsondergange oor die water en vaar verby majestueuse landskappe tot ongelooflike wildlewe-waarnemings reg langs die kamp – elke liewe dag was pure magie!
Of ons nou na die uitgestrekte horisonne staar, reuse kremetartbome verken, of om die kampvuur onder ‘n kombers van sterre bymekaarkom, dit is die herinneringe wat vir ewig by ons bly. 🏕️🔥
‘n Plesier vir goeie geselskap, wonderlike uitsigte en die oop pad! 🥂

Botswana bly maar net specialSo paar fotos wat sy eie storie vertel“Lasting memories”Winter skool vakansie 2027 is ons t...
24/07/2026

Botswana bly maar net special
So paar fotos wat sy eie storie vertel

“Lasting memories”

Winter skool vakansie 2027 is ons terug met nog ń toer.

Bespreek maar vroegtydig, plekke word vinnig opgeraap.

[email protected]

Terug van nog n ongelooflike toer gevul met asemrowende oomblikke saam great mense. Botswana en Caprivi sien ons weer am...
08/07/2026

Terug van nog n ongelooflike toer gevul met asemrowende oomblikke saam great mense.

Botswana en Caprivi sien ons weer amper.

Die toer is n ware bucketlist toer. Jy kry 3 lande se stempels in jou paspoort en elke dag is n ware belewenis.

Kontak ons as jy sou belangstel om 2027 saam te kom.

[email protected]

NAMIBIAEtosha - Kunene - Kaokoland - Damaraland 10 - 24 Oktober 2026Ons toer lekker deur Etosha al langs die Kunene rivi...
01/07/2026

NAMIBIA

Etosha - Kunene - Kaokoland - Damaraland 10 - 24 Oktober 2026

Ons toer lekker deur Etosha al langs die Kunene rivier af na Epupa valle, vanwaar ons suid draai om al met Hoarusib rivier na Puros woestyn olifante soek.
Ons besoek ook Twyfelfontein en die warmbron by Sesfontein en sluit af na Brandberg en Erongo berge

Slegs R 14700 pp wat Aandetes insluit

Kontak gerus om jou plek te bevestig

Dries 0662557547
[email protected]

So paar memories van ons Angola avontuur sopas voltooi. Die fotos van ons familie se dit alles….Ongelooflik!!Ons doen di...
26/06/2026

So paar memories van ons Angola avontuur sopas voltooi. Die fotos van ons familie se dit alles….Ongelooflik!!

Ons doen die toer weer vanaf 2 - 21 Junie 2027 en daar is nog net paar plekke oop, so bespreek maar vinnig deur my te kontak by 066 255 7547 of [email protected]

Kostes beloop R23500 pp wat kamp, lodge, ingangsfooie en AANDETES insluit

Address

Johannesburg
1457

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kwando Adventures posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category