Lieflik in Loxton

Call Directions

Lieflik in Loxton Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Lieflik in Loxton, Tourist Information Center, Magrietha Prinsloo Street, Loxton.

RSG SAAI REGSTREEKS UIT VANUIT LOXTON!Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat die RSG en Virseker Kultuurkaravaan môr...
15/09/2026

RSG SAAI REGSTREEKS UIT VANUIT LOXTON!

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat die RSG en Virseker Kultuurkaravaan môreoggend, Woensdag 16 September, vanaf 05:00 tot 09:00 regstreeks vanaf Karos Gastehuis in Loxton gaan uitsaai!

Skakel in en luister hoe ons besonderse dorp, sy mense, stories en unieke Karoo-kultuur met die res van Suid-Afrika gedeel word.

Ons is ongelooflik trots om RSG se span hier by Karos Gastehuis te verwelkom. Kom ons wys vir die land waarom Loxton so ’n besondere dorpie is!

📍 Karos Gastehuis, Loxton
📻 RSG 100–104 FM

Loxton, môreoggend is óns op die lug!

11/09/2026

🌳 Belê vandag in Loxton se toekoms. 🌳

Loxton se pragtige boomryke strate is deel van wat ons dorp so besonders maak. Met “Belê in ’n Boom” wil ons dié erfenis beskerm én verder uitbou deur 500 nuwe bome langs Loxton se strate te plant. 🌱

Vir R500 kan jy ’n boom borg — ’n nalatenskap wat vir geslagte lank kan groei en eendag skadu bied vir ons kinders en kleinkinders. ❤️

Elke boom word geplant, van water voorsien, versorg en met ’n unieke nommer gemerk. Jy ontvang ook ’n sertifikaat van erkenning en waardering.

🌿 ’n Familieboom, herdenkingsboom, verjaarsdagboom, huweliksboom, besigheidsboom of sommer net ’n geskenk wat aanhou groei.

Belê in ’n boom. Belê in Loxton. Belê in die toekoms. 🌳

📲 WhatsApp: 083 414 8110
📧 [email protected]

09/07/2026

Baie dankie aan Jannie du Toit wat ons kom vermaak het by die Windpomp in Loxton 🎶🔥

Loxton Dam-Braai 2026 🥩🔥Die wind het ons besig gehou, maar niks het die manne gekeer om hulle bakkies se staal op die 1/...
21/06/2026

Loxton Dam-Braai 2026 🥩🔥

Die wind het ons besig gehou, maar niks het die manne gekeer om hulle bakkies se staal op die 1/4 myl te wys terwyl die vure brand nie.

Bring enige ding met wiele wat spoed kan vang en eindig die aand af met 'n stofdans 💃⚡️

Maak seker jy mis dit nie volgende jaar nie!!

Hou ons blad dop vir enige toekomstige datums wat in ons dorp gebeur 🔥

15/06/2026
Kom kuier saam met ons by Die Windpomp in Loxton, Saterdag 20 Junie waar Jannie du Toit vir ons gaan kom vermaak 🎶🔥
13/06/2026

Kom kuier saam met ons by Die Windpomp in Loxton, Saterdag 20 Junie waar Jannie du Toit vir ons gaan kom vermaak 🎶🔥

09/06/2026
26/01/2026

Wanneer die niks genoeg is..

Address

Magrietha Prinsloo Street
Loxton

Telephone

+27833913836

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lieflik in Loxton posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Nearby travel agencies