Loxton Online

Directions Website Contact the business

Loxton Online All the latest news, and information for Loxton, South Africa in 2026!

30/10/2026
Daar wag iets lekkers by Die Pophuis 🏡🧡Ons gesellige pop-up is oop en vol voorafgeliefde skatte: klere, bykomstighede en...
27/10/2026

Daar wag iets lekkers by Die Pophuis 🏡🧡

Ons gesellige pop-up is oop en vol voorafgeliefde skatte: klere, bykomstighede en huisraad wat gereed is vir hul volgende hoofstuk. Kom snuffel, gesels bietjie, en neem iets huis toe met ‘n storie.

📍 Woensdae en Saterdae: 9vm – 12nm

Bring ‘n vriendin, bring ‘n sak, en bring jou snuffelogies saam.

16/10/2026
15/10/2026

LOXTON SE STOFSTRATE: WAAR DIE KAROO SY STORIES BEWAAR 🤎

Wanneer die Karoo-wind opsteek, dans die stof oor Loxton se grond strate en herinner dit jou dat jy hier nie net deur die Karoo ry nie maar jy beleef hom.

Op ’n windstil dag soos vandag lê die stof rustig neer. Dan voel dit amper asof die jare self hier kom rus het, met stories van perdekarre, skaapboere en geslagte wat hierdie strate bewandel het.

Het jy al gewonder hoekom Loxton se strate so ongelooflik wyd is? Hulle is oorspronklik ruim uitgelê om die groot ossewaens van die boeregemeenskap te akkommodeer. En daardie lamppale en kragpale wat so eiesoortig in die middel van die strate staan? Die boomryke straatrande en tradisionele leiwaterkanale het min ruimte vir pale langs die kante gelaat. Só het ’n praktiese oplossing deel van Loxton se unieke karakter geword.

Dis juis hierdie klein besonderhede wat ’n gewone grondstraat in ’n lewende deel van die dorp se geskiedenis verander. Elke draai, elke ou boom en elke stoflaag herinner ons dat plekke nie net deur geboue gevorm word nie, maar deur die mense en lewens wat daardeur beweeg het.

En die lekkerste manier om dit te ontdek is om nie net verby te ry nie, maar self deur Loxton se strate te stap, rond te kyk, mense nog soos ouds met die hand te groet en die dorp se eie ritme te ervaar.

Jakhalsdans Gastehuise bied verblyf op die plaas én in Loxton sodat jy die Karoo se stofstrate, geskiedenis en dorpslewe asook die Karoo lewe eerstehands kan beleef.

📧 [email protected]
📱 WhatsApp: 082 761 3843
🌐 www.jakhalsdans.co.za

Address

Loxton
6985

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Loxton Online posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Loxton Online:

Shortcuts

Share

Nearby travel agencies