
13/08/2025
ATKV Tak-Rooiduin, in samewerking met African Vineyard, nooi jou om Afrikaans se honderdjarige mylpaal met kuns, kos en musiek te
vier.
Trek jou mooiste uitrusting aan, kom geniet ’n spesiale aand met 'n
driegangfeesmaal onder die sterre, vul jou kunshart met 'n
kunsuitstalling v plaaslike kunstenaars en word meegevoer met die
besonderse stem van Jannie Moolman in die teatersaal na die ete.
Ons vier Afrikaans se 100-jaar saam met die ATKV en is bevoorreg om
gasheer vir hierdie besonderse aand te wees.
Bespreek jou kaartjies
vroegtydig by Anschen van die ATKV by 0824309498
🌿 Voorgereg : Ietsie te ete en te drinke. Kuier rustig onder die
bome voor die hoofgereg aan tafel bedien word. Geniet ou gunstelinge
soos tuisgebakte brood, roosterkoek, vetkoekies, tuisgemaakte konserf
en patee's, bobotie-lenterolletjies, kweperblatjang, kase en vrugte
in seisoen
🌿Hoofgereg : Voel spesiaal en word aan tafel bedien.
Jou bord word gevul met hartskos en neem jou op 'n reis van nostalgie met
ontbeende lamsboud, skaapstertjies, beesstertpastei en gevulde
ontbeende hoender. Hierdie maal word 'n smaakervaring met
pampoenkoekies, romerige aartappelgratin, vars groenboontjies en 'n
mikroslaai.
🌿Nagereg :
' n Verskeidenheid ou gunstelinge soos malva-kolwyntjies
met karamelroom, dadelballetjies, pekanneuttertjies, melktertjies en
ystervarkies
Na ete neem Jannie Moolman, saam met Franco Engelbrecht op die
klavier, ons op ’n reis deur die ryk storie van Afrikaans — van
kampvuur tot konsert.
🌿 Oppad huis - toe : Sluit die aand af met koffie en mini-koeksisters in die
Skildery-saal.
Musiek voor en tydens ete : Jan Taute & Kristien Andrianatos
Wyn op tafels : OWK. Flexi Beverages & Oosterville Drankwinkel
🍷 ’n Kontantkroeg
Opwindende gelukkige trekkings. Groot pryse wat jy kan wen, vanaf 'n wegbreek ter waarde van R6000 tot 'n Afrikaans 100 brons munt.
Sien jou daar!