Nostalgie Toere

Call Directions Contact the business

Nostalgie Toere SUID-KAAP SENIORS NOSTALGIE TOERE bied n volledige toer program aan wat alles insluit teen n billike tarief.
(1)

Dag uitstappies, plaaslike toere, musiek konserte asook verhoog produksies. Kontak Nostalgie Toere vir u persoonlike groep bespreking. SENIORS QUALITY OF LIFE
Join the Pensioners
Get the benefits

Mamma Mia, here we go again! Oppad Kaap toe vir nog ’n onvergeetlike vertoning! Nostalgie Toere en sy gaste sien uit na ...
27/09/2026

Mamma Mia, here we go again!
Oppad Kaap toe vir nog ’n onvergeetlike vertoning!
Nostalgie Toere en sy gaste sien uit na n lekker kuier, goeie musiek en natuurlik ’n hele paar Mamma Mia-treffers wat wag vir ons! ❤️

23/09/2026

Nostalgie Toere

23/09/2026

Nostalgie Toere se Chelsea Blomme toer was werklik besonders. Ons reis begin in Stanford met Leon Kluge se ongelooflike Life After Fire-uitstalling.

Life After Fire vertel die besondere verhaal van die Kaapse fynbos na ’n brand en hoe daar na verwoesting weer nuwe lewe en kleur ontstaan. Dit wys op ’n besonderse manier hoe vuur deel is van die natuurlike siklus van die fynbos.

Ons bly in die pragtige High Season Farm in die Hemel-en-Aarde-vallei waar ons heerlik saam gekuier en ’n lekker braai geniet het.

Die volgende oggend voordat ons Hermanus toe is, het ons by Rotary View Point gestop om die asemrowende uitsig te bewonder en natuurlik ’n paar mooi foto’s te neem. Daarna is ons Hermanus toe vir ’n bietjie vrye tyd.

Op pad terug het ons by Wildebraam in Swellendam gestop vir ’n liqueur proe, die perfekte afsluiting van ’n besonderse naweek.

Dankie aan elkeen wat saam met Nostalgie Toere gereis het. Dit is die mooi plekke, lekker lag, goeie geselskap en al die klein oomblikke wat van elke toer ’n spesiale herinnering maak.

21/09/2026

Nostalgie Toere was gister by Chelsea Blomme Skou in Stanford.

Wat ’n ongelooflike ervaring om Leon Kluge en sy span se bekroonde “Life After Fire” te sien. Van verbrande takke tot ’n ongelooflike nuwe lewe van blomme.

Die uitstalling vertel die pragtige verhaal van hoe ons fynbos na ’n brand weer opstaan.

Kyk net na hierdie ongelooflike werk!

30/08/2026

Nostalgie Toere ons mooi oomblikke die afgelope week. Stuur jou kontak besonderhede as jy meer van ons toere wil weet - 0629595235

Address

George
6530

Telephone

+27629595235

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nostalgie Toere posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Nostalgie Toere:

Shortcuts

Share

Category