Nostalgie Toere

Nostalgie Toere SUID-KAAP SENIORS NOSTALGIE TOERE bied n volledige toer program aan wat alles insluit teen n billike tarief.
(1)

Dag uitstappies, plaaslike toere, musiek konserte asook verhoog produksies. Kontak Nostalgie Toere vir u persoonlike groep bespreking. SENIORS QUALITY OF LIFE
Join the Pensioners
Get the benefits

30/08/2026

Nostalgie Toere ons mooi oomblikke die afgelope week. Stuur jou kontak besonderhede as jy meer van ons toere wil weet - 0629595235

30/08/2026

En so breek ons laaste dag van ons Weskus Blomme Toer aan.

Montagu bly maar ’n pragtige dorpie en voordat ons vertrek maak ons ’n vinnige draai by Cape Dry Padstal. Daarna is dit koers na Owl’s Rest Olive and Lavender Farm, waar ons hartlik ontvang word.

Tussen die pragtige olyfbome en laventelvelde leer ons meer van die plaas en die proses waarvolgens essensiële olies uit die plante verkry word. Ons kry selfs die geleentheid om ons eie lyfskrop te maak, elkeen met ’n essensiële olie van ons keuse. Wat ’n spesiale herinnering om huis toe te neem!

Ons geniet ’n heerlike ligte middagete voordat ons ons reis voortsit na Wildebraam Berry Estate in Swellendam. Hier proe ons ’n verskeidenheid van hul heerlike likeurs voordat ons die laaste entjie huis toe aanpak.

Wat ’n wonderlike week was dit! Ons het soveel mooi plekke besoek, nuwe dinge geleer, heerlik geëet en gedrink, baie gelag en natuurlik hope foto’s geneem.

Ons deel graag in ons volgende twee video’s al die snaakse en mooi oomblikke van ons toer, asook ’n spesiale video met al die pragtige blomme wat ons onderweg gesien het.

Dankie aan elkeen wat hierdie week saam met ons deelgemaak het. Dit was ’n toer om te onthou!

28/08/2026

Dag drie breek aan met nog ’n asemrowende Weskus-sonopkoms die perfekte begin vir nog ’n dag vol ontdekkings!

Ons eerste uitstappie neem ons na die Rooibos en Boegoeplaas waar ons ’n interessante proesessie bywoon. ’n Kenner vertel ons alles van die proses van die oes van die plante tot die finale produk.
Daarna vertrek ons na Clanwilliam met ’n draai by die Ramskop Wildflower Garden om nog van die pragtige blomme van die Weskus te bewonder. Ons besoek ook die bekende Strassberger-skoenfabriek voordat ons vroeg by ons hotel en spa inboek.

Na drie besige dae was dit tyd vir ’n bietjie rus en bederf. Sommige van ons gaste het hulself met ’n heerlike spa-behandeling bederf terwyl ander ’n drankie in die pragtige sitkamer van die 1920-gebou geniet het. Ander het weer ’n bietjie gerus of die dorp gaan verken.

En toe sluit ons die dag af met ’n heerlike braai, sappige skaaptjoppies en ribbetjies op die vuur, goeie geselskap en natuurlik baie lekker kuier. Wat ’n heerlike derde dag van ons Weskus Blommetoer!

Ons sien baie uit na môre se Pakhuispas en ons volgepakte program. Nog ’n dag vol mooi plekke, nuwe ervarings en lekker saamkuier wag op ons!

Address

George
6530

Telephone

+27629595235

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nostalgie Toere posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Nostalgie Toere:

Shortcuts

Share

Category