Marius Greeff Tours/Toere

Marius Greeff Tours/Toere Pilgrimages to Israel with a Christian guide. Every year since 2000. Our tours are based on quality at affordable prices and is based on experience.

Come on a pilgrimage that never ends. This will deepen your spiritual life and relationship with God. Marius Greeff is an experienced tour leader with experience in organising international tours since 2000. Marius Greeff is 'n ervare toerleier wat al sedert 2000 internasionale toere beplan en begelei.

TURKYETOER (5-17 Sept 2026)   (English below)Met die 7 gemeentes van Openbaring 2 & 3.  Ons ervaar ook baie van die mooi...
04/12/2025

TURKYETOER (5-17 Sept 2026) (English below)
Met die 7 gemeentes van Openbaring 2 & 3.
Ons ervaar ook baie van die mooi van hierdie land - die natuur, kultuur, handwerk (leer, matte, keramiek en sy) en smul aan die lekkerste Turkse geregte!
TURKYE bly persoonlik vir my een van my gunsteling bestemmings. Maar, toerlede geniet hierdie toer net so en wil ook graag altyd weer teruggaan na Turkye.
Laat ek vir jou die program stuur (my epos: [email protected] of Whats'App: 0829363462) en kom ervaar dit self.
Turkye is 'n mooi, (en veral) skoon en trotse land. Al die plekke wat ons besoek is baie interessant, om nie eers van al die koop-versoekings te praat nie...
Ook is die geskiedenis van die 7 gemeentes elkeen soos stukkies van 'n groter legkaart wat vir ons uiteindelik saam 'n prentjie gee van hoe uitdagend dit regtig was om 'n Christen in die vroeë kerk te wees... Die briewe van Johannes aan die 7 gemeentes kry vir jou telkens nuwe betekenis en gestalte as jy daar staan.
===================

TURKEY TOUR (5–17 September 2026)
Including the Seven Churches of Revelation 2 & 3.
We also experience so much of this country’s beauty — its nature, culture, traditional crafts (leather, carpets, ceramics and silk), and of course the most delicious Turkish cuisine!
Turkey remains, personally, one of my favourite destinations. But tour members enjoy this tour just as much and often want to return to Turkey again.
Let me send you the full programme (my email: [email protected] or WhatsApp: 082 936 3462) and come experience it for yourself.
Turkey is a beautiful, clean and proud country. All the places we visit are incredibly interesting — not to mention the wonderful shopping temptations…
And the history of the Seven Churches is like pieces of a larger puzzle, giving us a vivid picture of how challenging it truly was to be a Christian in the early church. The letters of John to the Seven Churches take on new meaning and depth each time.
It is truly something to experience.

Ons vertrek more op ons Rieu-Kerstoer. Sondag woon ons André Rieu se Kerskonsert in Maastricht by. Dan, van die 13de tot...
11/12/2024

Ons vertrek more op ons Rieu-Kerstoer. Sondag woon ons André Rieu se Kerskonsert in Maastricht by. Dan, van die 13de tot die 22ste Desember ervaar ons Europa se Kers-atmosfeer met besoeke aan Amsterdam, Haarlem, Bonn, Keulen, Wiesbaden, Heidelberg, Baden-Baden, Colmar, Strasbourg, Rothenburg, Nürnberg en München. Wát ‘n besondere tyd wag nie op ons groep nie…
Dankie aan Winskooptoere, wat die toer aanbied, vir uitstekende reëlings. Oorweeg gerus hulle toere!

Volgende jaar (Des 2025) se kaartjies vir die Rieu-Kerskonsert is reeds bespreek.
Kom jy saam?

Daar is nog ‘n paar plekke op ons toer in Julie 2025 wat ook ‘n konsert van André Rieu in Maastricht en ‘n reis deur Oos-Europa insluit.
Ons toer na Sentraal-Europa, wat ook ‘n konsert van André Rieu insluit, is ongelukkig reeds volbespreek. Maar, plaas jou naam op die waglys as jy graag wil saamkom. Soms is daar kansellasies.

Kom saam na my tweede toer na 'n Andre Rieu-konsert in Maastricht in Julie 2025 saam met WinskoopToere. (Toer 1 is na mo...
29/08/2024

Kom saam na my tweede toer na 'n Andre Rieu-konsert in Maastricht in Julie 2025 saam met WinskoopToere.
(Toer 1 is na mooie Oos-Europa en 'n Andre Rieu-konsert).
Ons tweede toer begin in Amsterdam (kanaalvaart). Ons beleef ook vroegoggend 'n blommeveiling in Aalsmeer waar 43 miljoen blomme elke dag opgeveil word. Dan na Maastricht vir een van Rieu se konserte op die Vrijthof-plein waarvoor hy so bekend is.
Hierna neem ons die pad na pragtige Brussels en Brugge. Dan kom Parys aan die b***t waar ons in die hartjie van Montmartre bly - 'n ervaring wat jou terugneem na die ou-Parys en tyd van kabaret en kunstenaars. Nog 'n hoogtepunt is Claud Monet se huis en pragtige tuin in Giverny wat ons besoek. Dis soos 'n "lewende skildery" van Monet! Hierna besoek ons Strasbourg en die Middeleeuse dorpies van Comar (Petit Venice) en Riquewihr wat soos dorpies uit 'n kinderstorieboek lyk. Volgende is Luzern en Lugano in Switserland voordat ons oor die grens en Alpe glip na die betowerende Como-distrik met sy prentjiemooi natuurtonele en die dorpie, Bellagio, wat die laaste deel van jou hart gaan steel! Ons eindig in Milaan, die stad van mode, kultuur en kuns (Leonardo da Vinci se Laaste Avondmaal) voordat ons die aand huiswaarts keer.
Hierdie is nog 'n toer van WinskoopToere wat al jou "boksies" beslis gaan afmerk!

Toerdatums: 11-25 Julie 2025 (aangepas)
Meer inligting: Marius Greeff, 0829363462 of epos: [email protected]

Kom ervaar Andre Rieu se konsert in lewende lywe in Maastricht in 2025. Maar, kom ervaar saam met hierdie hoogtepunt ook...
19/08/2024

Kom ervaar Andre Rieu se konsert in lewende lywe in Maastricht in 2025. Maar, kom ervaar saam met hierdie hoogtepunt ook 'n skatkis van die heel mooiste besienswaardighede
wat Oos-Europa bied.
Beleef saam met ons die mooiste klein dorpies en stede in Hongarye, Slowakye, Oostenryk, die Tsjeggiese Republiek, Duitsland en Nederland. Ons besoek Budapest, Bratislava, Wenen, Česky Krumlov, Praag, Meissen, Dresden,Nurnberg, Rothenburg, Ob der Tauber, Heidelberg, Keulen, Valkenburg, Maastricht (Rieu-konsert)
Die verwagte toerprys is R69,990.00 (1 Euro= R20.50) wat vlugte vanaf Johannesburg en alle toegang soos op reisprogram insluit.
Toerprys is op 'n deelbasis.
Vir meer info: Marius Greeff, Sel 082 936 3462 of Epos: [email protected].
Hierdie is ons 5de Rieu-toer, en word in samewerking met WinskoopToere aangebied wat elke keer uitstekende diens lewer

OOR 18 WEKE VIER ONS KERSFEES...Ons het nog DRIE plekke oop op ons Kerstoer met 'n Rieu-Kerskonsert in Maastricht. Op hi...
19/08/2024

OOR 18 WEKE VIER ONS KERSFEES...
Ons het nog DRIE plekke oop op ons Kerstoer met 'n Rieu-Kerskonsert in Maastricht. Op hierdie toer besoek ons ook die mooiste Kersmarkte in Europa. Kersfees is ons weer betyds terug by die huis. Kom saam vir 'n onvergeetlike ervaring.
Sluit hierdie jaar af op 'n spesiale manier af.
VOLLEDIGE PROGRAM VERSKYN ONDERAAN.
Kontak my vir meer besonderhede. Marius Greeff 082 936 3462
Aangebied in samewerking met WinskoopToere
(Volgende jaar in die (Jun/Jul) skoolvakansie het ons ook toere wat 'n Andre Rieu-konsert insluit)

Gou spring vir hierdie belewenis van ‘n leeftyd. Daar het ‘n paar plekke beskikbaar geraak weens onvermydelike kansellas...
14/08/2024

Gou spring vir hierdie belewenis van ‘n leeftyd. Daar het ‘n paar plekke beskikbaar geraak weens onvermydelike kansellasies.

Is jy een van die gelukkige 5 wat ook saamgaan hierdie Desember?

Los gerus jou e-posadres vir meer inligting of stuur 'n e-pos aan [email protected]. Jy kan ook 'n whatsapp stuur na 083 637 1542.


Hier is 'n pragtige opsomming van Christa Grobbelaar, een van ons toerlede op ons heerlike toer wat ons in Julie vanjaar...
06/08/2024

Hier is 'n pragtige opsomming van Christa Grobbelaar, een van ons toerlede op ons heerlike toer wat ons in Julie vanjaar saam met WinskoopToere gehad het na Sentraal-Europa. Die toer het ook 'n André Rieu konsert in Maastricht ingesluit. Volgende jaar bied WinskoopToere weer toere na Europa aan wat ook 'n Rieu-konsert insluit. Kom in 2025 saam.

My droom om Rusland te sien, is destyds deur Poetin se oorlog-lustigheid in die wiele gery. Danksy ‘n wonderlike toeragentskap het ek al my sorgvuldig-gespaarde reisgeldjies teruggekry en kon…

Een van ons baie spesiale toere vgl jaar (2025) na ‘n André Rieu-konsert. Hierdie toer sluit ook Oos-Europa in en strek ...
29/07/2024

Een van ons baie spesiale toere vgl jaar (2025) na ‘n André Rieu-konsert. Hierdie toer sluit ook Oos-Europa in en strek oor 2 weke. Kom ervaar die mooi en lekker van André Rieu en Oos-Europa.
Inligting: [email protected]

Net voor die begin van die André Rieu-konsert. Groot opgewondenheid!Volgende jaar is daar 2 toere na ‘n André Rieu-konse...
29/07/2024

Net voor die begin van die André Rieu-konsert. Groot opgewondenheid!
Volgende jaar is daar 2 toere na ‘n André Rieu-konsert. Een sluit ‘n Oos-Europa toer en die ander ‘n rustige boottoer na Noord-Europa in. Oorweeg dit om saam te kom…

Herinneringe aan ons onlangse besoek aan Maastricht en die Rieu-konsert wat ons bygewoon het. Dit was naby aan die einde...
29/07/2024

Herinneringe aan ons onlangse besoek aan Maastricht en die Rieu-konsert wat ons bygewoon het.
Dit was naby aan die einde van die ongelooflike lekker konsert!
In Junie/Julie 2025 skoolvakansie het ons 2 konserttoere na Rieu. Een na Oos-Europa en die 2de is ‘n boottoer na Noord-Europa.

Address

2 Libertas Street
Strand
7140

Telephone

+27829363462

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Marius Greeff Tours/Toere posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Marius Greeff Tours/Toere:

Share

Category